Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Resepte | Recipes

Die Pick 'n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie


2007-09-25

Pick 'n Pay span saam met LitNet om hierdie opwindende nuwe kompetisie in ons Kos en Wyn-afdeling aan te bied. Die Pick 'n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie daag jou uit om so kreatief moontlik te wees met 10 bestanddele van Pick 'n Pay, waarvan jy jou spyskaart en resepte vir 'n selfgeskepte driegangmaal aan ons kan stuur.

Klik hier om al die lekker resepte te sien.

Die samestelling van die produkte verander maandeliks, en daar kan elke maand 'n Pick 'n Pay-koopbewys, met die waarde van R1 000, vir die beste inskrywing gewen word! Die wenresepte sal ook op Pick 'n Pay se webtuiste gepubliseer word. Daar is ook kookboeke om weg te gee, geskenk deur Jonathan Ball Uitgewers.

Hoe werk die kompetisie?

  • Elke maand soek Pick 'n Pay 10 produkte op hul rakke uit wat jy kan gebruik, saam met ander bestanddele verkrygbaar by Pick ‘n Pay of in jou eie spens, waarvan jy 'n volledige driegangmaaltyd moet skep.

  • Let wel: Nie al die uitgesoekte 10 kruideniersware hoef gebruik te word nie, maar jou maaltyd moet uit drie gange bestaan.

  • Elke maaltyd kan (sou jy dit so verkies) gekomplementeer word met een van die wyne wat op ons maandelikse wynlys pryk.

  • Om in aanmerking te kom vir die Pick 'n Pay-koopbewys en om jou spyskaart op Pick 'n Pay se webtuiste te sien, moet jy die volledige resepte (ten minste een per gang van jou maaltyd) waarin jy van die 10 Pick 'n Pay-produkte gebruik, aan ons e-pos, tesame met 'n foto van minstens een van die geregte wat jy voorberei het. (As jy nie 'n kamera tot jou beskikking het nie, laat ons weet. Jou resepte is nogsteeds welkom!)

  • Pick 'n Pay sal die maandelikse wenner van die R1000-koopbewys aanwys.

  • As jy mooi broodjies wil bak om guns te wen, kan jy wenke verskaf om die voorbereiding van jou disse te vergemaklik. Ekstra punte word ook verdien met addisionele proe-wenke en ekstra foto’s.

  • Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar ongelukkig kwalifiseer bekende kokke nie vir pryse nie. Alle resepte wat ingestuur word, sal egter geplaas word.

Resepte moet oorspronklik wees. LitNet en Pick 'n Pay aanvaar geen verantwoordelikheid vir die outentiekheid van resepte nie.

Om deel te neem, e-pos jou resepte in Engels of Afrikaans aan food@litnet.co.za.

Klik hier om hierdie maand se 10 produkte te sien.