Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Lekker in Dubai


Olga - 2007-09-20

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Die koerante by die huis was vol van die Sondag ads: “Teaching in Dubai. Jobs for British, American, Australian and South African teachers. Earn thousands of tax-free dollars. Long summer holidays. Bla-bla-bla …” My hoofvakke was aardrykskunde, geskiedenis, ‘n bietjie biologie en wetenskap. 2005 was vir my ‘n moeilike jaar met al die nuwe onderwysdepartementreëlings. Ek was lus vir iets anders.

*
 

Na ‘n brekfissie wat ek nie eintlik wyd sou aanbeveel nie – die koffie was besonder sterk en swart – kom die aankondiging: “Ladies and gentlemen, would you kindly return to your seats and have your earphones ready for collection by the cabinet staff.” Die vliegtuig het al hoe laer begin daal en ek kon die woestyn nou duidelik sien. My hart het effens vinniger geklop met die wete dat ek oor ‘n uur of twee in Dubai gaan rondloop! Shopping, shopping shopping, njam!

‘n Ou kollege-pel het my by die lughawe kom oplaai. Dankie tog daarvoor, die plek is een groot miernes van bedrywigheid, en ek hoor later by haar dat 85 persent van die wêreld se beskikbare hyskrane tans in Dubai staan. Elke denkbare stukkie grond was onder konstruksie. Estie was moerse hulpvaardig met alles tot dusver – die visumreëlings, watter skole om te besoek en watter nie, en waar om vir klere en juwele te shop. Sy was reeds vier jaar hier en het aangebied dat ek by haar kan oorbly. Gelukkig het sy my raad gegee oor alkohol, en met my uitstap het ek vier bottels sjampanje – regte sjampanje – by die duty-free shoppie gekoop.

Fast forward vier dae. Daar was more or less drie posisies waar ek ‘n suksesvolle kandidaat kon wees. Die skole moet nou eers hulle checks doen, en nog kandidate interview, dan sal ek oor so ‘n maand hoor of ek werk gekry het. Dubai is nie juis meer die bargain mecca wat ek altyd van gehoor het nie, en na die nodige shopping die vorige dae was ek eintlik uitgekuier en net lus vir leeglê. Die naweek hier is anders – vir sommige is dit Donderdag en Vrydag, vir ander is dit Vrydag en Saterdag. Vandag was Vrydag, en vir my en my swartkop maatjie was dit paartiedag, “Saterdag” van die huis! Waarsie champers!?

Na ‘n vrugte-ontbyt van nogal Kaapse vrugte en druiwe, het Estie my na haar daktuin geneem. Met so ‘n wye spiraaltrap klim jy half teen die kant van die huis na bo. “Wat ‘n lekker joint,” dag ek by myself. Daar was ‘n klein jacuzzi-tipe plonsertjie, ‘n spul potplante, so ‘n rietafdak op pale, en ‘n klomp plastiek pool loungers vir tan. Na my eerlike oohs en aahs sê sy vir my: “Kom lê jy hier, laat ek jou kan lotion smeer. Die son hier steek jou dood, veral met jou sproetvel.” SPF50 vir my, dankie!

Estie is ‘n atleties geboude meisie wat destyds hard aan haar lyf gewerk het. Sy was steeds stunning hier in haar vroeë dertigs. Weer eens op bevel het ek op my maag gaan lê en sy het my bene begin smeer. “Ek geniet dit genuine hier,” het ek so tussen my handdoek en die stoel deur geprewel.

“Ek's bly, my skattebol, ek het hoeka gewonder wat jy met jouself aanvang. Al kry jy nie ‘n joppie hierdie keer nie, sal ons aanhou probeer, en in elk geval moet jy probeer om weer te kom inloer, my deur is altyd oop vir jou.” Sy was ‘n regte pel. Op kollege was ek mal oor haar en ons het jare se vet pret gehad. Sy wou-wou altyd bietjie rebels wees, maar sy was eintlik net ‘n show-off! Ons grootste pelle was ‘n klomp gay mannetjies wat almal stunning looks gehad het. Ons het altyd gewonder wat eintlik “verkeerd geloop" het. Een of twee het selfs meisies gehad, hoofsaaklik dat hulle die gaygeid kon wegsteek vir hulle ouers. Theuns spesifiek was anders; hy was simply bi en het ‘n moerse kick daaruit gekry om sy meisie uit te vat en nadat hy haar gegoodnight het, na sy boyfried se plek toe te ry. Kinky op ‘n snaakse manier, moet ek bieg.

As gevolg van ons jollery het ons baie maal met die gay girls van die kampus en omgewing te doen gekry. Sommige was maats, ander net muurpapier, maar een ding was seker, die meeste van hulle sou jy never in der ewigheid in hulle alledaagse lewe sou kon sê dat hulle gay is nie. Behalwe vir die een meisie – kan nie haar naam onthou nie. Hoewel sy nie regtig butch was nie, het sy ‘n moerse presence gehad en ek moes een aand maar mooi trap toe sy my gevra het om te dans. Sy het teen-teen my gestaan en teen die musiek se geraas half binne my oor in gepraat. Ek kon nie goed hoor nie; haar borste het styf in haar swart T-shirt gespan met ‘n print wat gelees het “MISBITCHY”, met die Mitsubishi-logo op. Ek het haar vroeër die aand gesien en gedink die T-shirt is koel! Ek het gedink sy is ook koel, maar dit vir myself gehou. Met haar swartgeklede lyf styf teen my en haar wang teen myne kon ek nie anders as om bietjie geïntimideerd te voel nie. Maar snaaks, aangetrokke geïntimideerd, as daar so iets is. Ek het nog gewonder: “Ss sy my nou gaan soen …” en ek het geweet ek sou nie weet wat om te doen nie. Inteendeel, ek was bietjie verlore vir ‘n paar sekondes, want die volgende wat ek onthou, was toe sy skree-vra: “Hei, ounooi, ek vra jou om te dans, jong!” Ek het net daar gestaan, versteend. Toe druk sy haar lyf effe meer ferm teen my. Met ‘n “Toemaar, ek verstaan, maar ek dink ons gaan mekaar weer sien” het sy my persoonlike ruimte weer aan my terug besorg. My maatjie Estie was daar. Sy’t alles gesien en anders as normaalweg het sy nie toegetree om my te verdedig nie. Dis nou “verdedig”. Ek wou my daai aand verbeel daar was ‘n smile op haar bakkies, maar sy het nie, dis net dat ek wou hê sy moes.

Op ons dak het Eva Cassidy en Toni Childs se CD covers langs die blêrboksie op die tafel langs een van die bottels sjampanje gelê. Ek was mal oor Eva en baie sad toe sy destyds dood is. Haar sagte kla-blues hier op die dak was net die regte ding vir my en ek het elke nou en dan gedut-dut onder Estie se sagte hande. “Daar's hy,” sê sy en vra dat ek haar ook smeer. Sy gebruik net ‘n gewone sonolie vir haar olyfbruin vel. Ek’t altyd gesê sy’t Portugese bloed in haar met daai mooi vel, ‘n bek vol spierwit tande en daai bos natuurlike dik hare.

Die verrassing was nie toe sy eers haar top en toe haar broek uitrek nie, maar toe sy net so kaal op die lounger gaan lê. “Smeer maar goed tussen die boudjies hoor, dis daar waar ek altyd brand!” giggel sy terwyl ek eers een, twee, en toe drie dik strale olie oor haar rug uitspuit. Terwyl ek die bottel neersit, swaai sy haar kop eenkant toe en skuif haar hare half onder haar skouer in. “En agter my nek ook, asseblief – die sonnetjie kom ook orals in as mens nie versigtig is nie.”

Na so ‘n paar minute was my maatjie se hele rug gedoen – nek ingesluit – toe ek my half agtertoe draai om die res van haar te doen. “Bedoel jy ek moet tussen-in smeer my dol?” vra ek.

“Ja wat, cover alles met lotion, asseblief. Oe, dis al warm van die son,” sê sy van die olie toe dit haar tref. In dieselfde asem beweeg sy haar sterk heupe rond soos sy haar bene bietjie wyer oopmaak. Ek kon nie die tikkie spanning in my lyf ignoreer nie. Sy was genuine stunning. Vol boude, sterk bobene, en kuite wat aftyper na haar voete toe. Sy’t sulke elegante tone gehad met ‘n toe-ring aan die regtervoet.

Die botteltjie was bietjie glibberig. Met my gedruk op die botteltjie maak die olietjies so ‘n prrrr-geluidjie toe dit die klofie tussen haar boude tref. “Jaaa?! Wat maak jy?” sê sy, en ek beginne bloos. My skaam-skuldig giggeltjie help my ook nie juis uit die situasie nie.

“Aag wat, ten minste gaan jy nou nie daar brand nie,” is al wat ek uitkry. Haar “Toemaar jong, ek grap net” het ook niks gedoen om my gemoed te laat bedaar nie. Ek meen, wat bedoel sy met “ek grap net”? Guilty minds, of is dit nou suspicious minds – hoe gaan die song nou weer?

Na ‘n uur of twee in die son (wel ek was nie heeltyd in die son nie, maar elk geval) staan ons op en sy skakel die “jacooz” se pompie aan. Daar's net genoeg champers in ons tweede bottel dat elkeen nog ‘n halwe glasie vir die jacuzzi-sessie het. Ook maar goed so – tussen die vrugte, die son en die sjampanje deur kon ek voel hoe my lyf “ontspan”. Ja, ek was besig om bietjie dronk te word. Met ‘n “Ek hoop nie ek is die enigste dronkgat kaalgat in die jacooz nie,” oorreed sy my om alles te laat waai. Dis lekker. Haar dak is 100 persent privaat. Hier in haar voorstad, ver weg van die stad, is ons more or less die hoogste gebou in die omgewing. Daar's vir my altyd iets kinderlik maar ook stouts aan om kaal rond te loop.

Sy klim eerste in en sit met een been in die water en die ander op die trappie. Die jacuzzi se rand is wyerig en ek kan nie help om haar welige swart bos daar onder raak te sien nie. “Kom ek help jou, Irene, mens kan lelik gly op die trappie, vra my.” Sy vat my hand en stabiliseer my, maar nie een van ons kon dit verhelp toe ek half-half teen haar verby skuur voordat ek in die water afsak nie. Ek kon ook nie verhelp dat ek half jags was nie. Punt.

Ons besef toe gou-gou dat die ander twee bottels nie vir baie lank gaan toe bly nie. Na drie sekondes se staar na haar leë glas vra sy: “Hou bietjie so vas toe?” en gee dit vir my. Sy draai haarself halfpad om en beur effens uit die water op die bad se rand. “Ag fokkit,” sê sy terwyl sy uitstrek na die vol bottels. Dis net-net buite haar bereik. Voordat sy haarself versigtig wil opstoot, sien ek hoe haar borste teen die badwand druk soos sy op hulle lê. Waaraan dink ek?! roep ek myself toe. “Ek moet seker maar my lui gat lig nè?” vra sy retories en draai sodat sy op haar knieë op die borrelbad se sitplek staan om die drank te kry. Haar vol boude is in my gesig. Daarmee saam val my oë op die wye gaping tussen haar bene.

“Jy loer nie dalk vir my nie, nè?” vang sy my uit.

“Natuurlik kyk ek,” snap ek terug.

Sy sê niks en sak stadig weer terug in die louwarm water terwyl sy met die draadjie om die prop vroetel. “Kan ek help?” vra ek toe ek sien sy sukkel bietjie.

“Nat hande, my skat,” sê sy en die draadjie gee mee, “maar dalk kan jy”. Toe pop die prop.

“Kan ek wat?” vra ek.

“Bietjie help,” sê sy en kyk my ‘n sekonde lank stip in die oë voordat sy haar glas volmaak.

“Skink maar eers?” sê ek en voel hoe ek beginne bloos.

“En dan, na die skink, wat dan, Irene?” Hierdie maatjie van my is duidelik op ‘n mission. “Hoe kan ek jóú help my skattebol?” Sy vat ‘n groot sluk champs en na sy haar glasie weer opgetop het, sit sy dit en die bottel op die badrand neer. Sy beweeg vorentoe, vat my glas uit my hand en kom staan half op haar knieë voor my. “Ek soek ‘n soen.” Ek het nie regtig ’n keuse gehad nie, haar mond was reeds asemnaby aan myne. Ek het vorentoe beweeg en ons tonge het eerste ontmoet, toe ons lippe, en toe het my oë toegegaan. Sy’t haar elmboë op my bobene geplaas en haar hande onder my borste ingestoot. Met my wat half versteend was, het sy haar kop heeltemal skuins gedraai en haar mond half toegemaak, asof ek oor haar byt, en aan my tong begin suig. Ek was gou drie of vier asems agter, maar my maatjie nog meer. Dis toe dat ek haar duime se rolbewegings aan my tieties voel. Ek kon sweer my nippels gaan afbreek, dis nieteenstaande die feit dat ek erg begin sweet het. Na ‘n salige maar bedrywige ewigheid het sy haarself van my weg gestoot.

“Hoog tyd, Irene … of wat?”

“So iets,” prewel ek. Syt’ my weer gesoen en my ‘n lekker drukkie gegee. Anders as op die DVD's is ‘n jacuzzi regtig nie ‘n ideale vryplek nie. “Dis nie regtig gerieflik hier bo nie, sal ons ondertoe gaan?”

Haar kamer was ‘n nice plek met sagte bloue en perse. Nie regtig my smaak nie, maar dit het goed gelyk. “Gee my maar daai groot continentals,” sê sy en gooi hulle eenkant toe. Sy’t van agter teen my kom staan en gevra: “Staan bietjie hande viervoet op die bed vir my asseblief.” Sy’t my boude teen haar bos vasgedruk en my met haar borste vooroor gebied. Ek wou net naai. Ek het geen weerstand gebied nie en vooroor gegaan. Ek kon haar vlak asem warm teen my waternat poesie voel. Haar gesig het eers met my haartjies gespeel. Toe’t sy aan my geruik, en toe haar lippe teen myne gedruk, haar mond teen my seks. Sy’t haar tong diep in my ingeforseer en ek kon haar neus teen my knypertjie voel druk. Alles wat kon, het ontspan en oopgegaan. Ek was totaal en al in haar hande en ek was totaal en al lost to the world.

“Ek wou jou nog altyd eet, my maatjie,” sê sy toe sy opkom vir asem. Sy het haar mond wyd oor my pienk lippe gesluit, my bobene vasgevat en met haar kop agteroor woes begin suig.

Ek het op my elmboë gesak en my kop op die matras laat rus; ek wou haar in my besig sien. Haar vol bruin borste het platterig op die bed gelê. Ek het deur my bene gereik en hulle begin masseer. Sy was clearly gek oor nippel-play. Hulle was groot en taai en later hard tussen my duim en wysvinger. Van haar kant af was daar gedempte kreungeluide gemeng met nat suigklanke. Ek wou hê sy moet my opvreet, en ek wou haar opvreet. Ek was vir die eerste keer reg om ‘n vrou op te vreet. Al wat ek wou hê, was haar nat vrouheid op my gesig, sittend met haar hele gewig. Ek wou haar vir ewig eet en haar natheid inneem.