Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Kom ons haka ons eie, eie Haka!


Fanus Rautenbach - 2007-08-21

Dit is al baie jare aan die gang – 'n poging tot ons eie Haka-haka! Op laerskoolbyeenkomstes, met sportgeleenthede, het ons uit volle bors geskreeu:

Ons is, ons is, weet julle wie?
Ons is, ons is, kan julle raai?
Ons is, ons is, sonder lawaai –
Ons is, ons is, glo julle my –
Ons is die skool van Generaal de la Rey!

En dit was lank voor die liedjie van Bok van Blerk.

Later het ons variasies op ons eie Haka gemaak:

Jêmblikke, visblikke, een twee drie!
Ons is, ons is, weet julle wie?
Ons is ons is, kan julle raai?
Ons is, ons is, glo julle my?
Ons is soldate van generaal De la Rey!

Nou is ons bietjie groter en verander ons eie Haka (in die amptelike tale)
na:

Jy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenderhaan!
Jy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenderhaan!
As jy nie afrikaans ken nie, dan sal ek verstaan.
Jy't verniet gestry, ja, jy't verniet gestry,
So harder die kind daai haka skreeu,
Hoe verder weg verloor hy!

Aai zieke zoema zoema,
Aai zieke zoema zy,
Hoe harder hulle haka skree,
Hoe verder sal ons zoema zy!