Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

My gunstelingdinge


Fanus Rautenbach - 2007-06-11

1 Oktober 2006 het die sangster, Julie Andrews, 69 geword. Toe het sy haar ou-ou bekende en geliefde liedjie herskryf, en spot met die ouderdom. Eers gee ek die oorspronklike woorde in Engels, en probeer dit dan in Afrikaans verwerk.

Die Engelse weergawe waarin sy met haarself spot: 

Maalox and nose-drops and needles for knitting
Walkers and handrails and new dental fittings
Bundles of magazines tied up in strings
These are a few of my favourite things. 

Cadillacs and cataracts, and hearing aids and glasses
Polident and Fixodent and false teeth in glasses
Pacemakers, golf carts and porches with swings
These are a few of my favourite things. 

When the pipes leak
When the bones creek
When the knees go bad
I simply remember my favourite things
And then I don't feel so bad 

Hot tea and crumpets and corn pads for bunions
No spicy hot food or food cooked with onions
Bathrobes and heating pads and hot meals they bring
These are a few of my favourite things 

Back pains, confused brains, and no need or sinnin'
Thin bones and fractures and hair that is thinnin'
And we won't mention our short, shrunken frames
When we rememeber our favourite things.

When the joints ache
When the hips break
When the eyes grow dim

Then I remember the great life I had
And then I don't feel so bad.

 
(Me Andrews het 'n staande toejuiging ontvang toe sy dit die eerste keer op die verhoog gesing het, en die applous het langer as vier minute geduur.)
 
 
Nou in Afrikaans:
 
vicksdrops en kamfer vir neusloop se lopies
snuif-snuif en hoesies en sakke vol snesies
skewe pantoffels en Afrika-stringe
dis my ou liedjies om lekker te singe!

Citroene en Volvo's maak plek vir rolstoele
Nomisol en Esprous en sweetmiddelpoele
kloppende polse en kopseer nie 'n bietjie
dit is my gewilde fluit-fluit se liedjie 

As die pype lek
die ou grassnyer vrek
en Boerneef se bene begin bitterbewe
dink ek aan my lekkerste goeters.
en begin miesies Andrews van vooraf te lewe 

Rooibos se rooitee en gemmerkoekie-koekies
lekker boeremelktert uit ou resepteboekies
kamerjastossels en snoesig' pantoffels
dit laat my sing van skatryk oom Stoffels. 

Rugpyn en kopseer en skrik vir die honde
bewe oppie knietjies as ek bid teen die sonde
baie min van kêrels, maar tog net 'n bietjie
so sing ek graag my gunstelingliedjie. 

As die rumatiek pyn
'n wyntoon sonder rooiwyn
so gaan ek vrolik en lekker aan't singe
oor al my mooi gunstelingdinge.