Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Gesprek


Louis Wessels - 2007-05-02


Iewers in die grys area,
tussen die woorde
van ons literêre gesprek,
en die kaal koffiekoppies,
het die vrae
wat langs die stofgetrapte
voetpaaie van my gedagtes dartel
verlore geraak.

Iewers tussen die uur saam met jou
wakker word en gaan slaap
het dit wat ek werklik wil sê
’n afdraaipad gevat,

en my by die kruispad gelos
met jou blanko roetewysers
vir my
om te voltooi.