Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Wederlied – ’n letterdig


Johann P Boshoff - 2007-04-17

vir Jaco Schutte

Jou song sing jy in jou vrye staat
asof daar vlaktes wag vir jou, vir my,
koppies, bos en sukkelstrome
op my, op jou, in ’n vrye staat.

Bring weer jou kitaar, lief.

Uit sy snare
sing weer jou song van ek en jy,
jy en ek
op kliprante agter ons
huis van klip –
asof dáár luike is, en oop
nes jou liefde vir my,
nes my liefde vir jou:

één klank wat vanuit jóú bly klink
‑ sonder seer, nou, oor ek en jy,
sonder seer, nou, oor ek en jy
klink in ons huis se klippe in,
huis, met luike, vir sien,
úitkyk in jou song,
terwyl jy hom uit jou snare streel,
terwyl jy my, soos altyd, bespeel:
ek en jy, ek en jy, ek en jy.


Jaco Schutte