Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Ek het dors


Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17

Om twaalf smag vlees na vlees

tas hande rond
soek verlangend
om te wees. 

Om een smeek liggaam na liggaam
tas hande steeds
dringend dwingend
om te omvou.

Om twee skree mens na mens
tas hande die oorbekende
plaasvervangend strelend
om te stil –

die verterende dors
wat in ’n eensame daad
sterf om drie.