Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Sinode 2000


Sebastiaan Nouwen - 2007-04-17

The church is the only army that kills her own wounded soldiers.

Van die vloer:
Homoseksualiteit 

grappies skaats oor die vloer ...
Ha ... ha ... ha
grappies vlieg deur die lug ...
Hie ... hie ...hie
die dominees maak grappies.
Haaa ... haaa ... haaa ... ai tog!
sinodetyd is grappietyd!

die ouderlinge is stil
diakens ook
wag vir leiding

ek is gay
langs my ’n kollega
    hy’s gay
langs hom ’n ouderling
     sy seun is gay
langs hom nog ’n ouderling
     sy broerskind is gay
langs hom nog ’n ouderling
     onbewus
haar seun is gay
vyf is gay

    
middageters
druis en gons en sê
na ons insiens
sê God elders
aan tafel sit vyf homo sapiens
geboë hoofde
en krap
in sinodekos