Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Heers? Nee ANC teister – aldus Beeld-berig


Ran Doodt - 2012-01-13

In "Die ANC ’n nasionale onheil", het Wouter ’n aktuele skakel na RW Johnson se skrywe in Beeld geplaas.

Toe ek dit lees, moes ek my knaters knyp – is RW Johnson die Brit nou Dan Roodt die Boer van The-Scourge-of-the-ANC-faam, of het ek deur Wouter-stouter se kuberskakel in ’n heel eienaardige heelal beland, ’n soort Alice in Wonderland?

By nugtere ondersoek word die saak egter gou glashelder. RW Johnson die Brit skryf soos Dan Roodt die Boer sedert 2009.

2009 Was die einde van meneer Mbeki as die deur Britte geagte baas van die ANC, met sy inkopiehoofkwartier in Londen, en die begin van die tradisionele Zoeloe Zuma van ons plaaslike Nkandla-kraal, wat die Brtitte implisiet beledig, deur na die agtergeblewe Afrikaner te verwys as die enigste wit stam van Afrika – so sonder hulle Britse paspoorte.

My punt is dit: post-Mbeki het "vêrregse" kritiek op die ANC in die Britse en Afrikaanse pers met ver-rasse-nde skrede toegeneem, terwyl ’n "vêrregse" soos ek President Zuma se lof beter besing as sy beste kamerade in die ANC self.

Dui dit op die bestaan van parallelle heelalle?

Nee, RW Johnson skryf realisties. Die ANC het geen instansies in Suid-Afrika gebou nie. Daarom is al instansie wat binnekort van die honderdjarige ANC gaan oorbly, ’n baie sterk Nkandla-kraal in tradisionele Zoeloeland, soos in die geskiedkundige dae van Shaka en Dingaan.

Ran Doodt