Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Wouter, hou asb verduidelik


Hans Richardt - 2012-01-13

Baie dinge in SA het ingrypend verander. Daar was altyd “gentlemen” klubs, wat niks met homoseksualiteit te make gehad het nie. Dit was op streng keuring, eintlik net n luukse kroeg-koffiewinkel-biblioteek ineen. Die tipe klubs het uitgesterf. Dit het gewoonlik ’n leesafdeling gehad, waar ’n man rustig kon sit, ’n sigaar of pyp rook, lees en gedagtes uitruil, sonder om ooit te moes vrees die ou oorkant jou het ’n onderbroek vol planne om jou agter die kop te kyk. Een so klub, was die een in Kimberley, waar die Toastmasters hul ding ook gedoen het. Ek het die Toastmasters so ’n tydjie bygewoon, maar was ook lid van die “combat shooting” klub. Sien, my diskoers met Jan Rap gaan eintlik oor presies dit, waaroor ek ’n moedswillige debat voer. Die Afrikaanse tegniese terme is of onverstaanbaar of dis bloot net materiaal swak aangebied. Ja, ek dink dat die prof ’n proefskrif vol persoonlike gissings geskryf. Eybers was baie eenvoudiger op skool, as wat enige akademikus haar kan voorstel. Google enige iets tegnies in Afrikaans en kyk die sak metaan wat op webwerwe is. Nee wat, geen emosionele plakker gaan my maak iets doen, wat ek nie regtig wil nie. Ek wil egter dit sê, waar ek al meer as ’n dekade werk en waar jy bv werk, twee wêrelde in dieselfde land is. Laizzez-faire, dis my houding deesdae. Dis verstommend dat KdK in die “trap” val met die hippies. Ek onthou die bittereinders wat “koffiekroeë” gehad het en oënskynlik aan die “Jesus-sindroom” gely het, oa ’n ou soos bv Jan de Wet uit diè era. Die bakker daar in Karoo is ’n pastoor, wat gatvol vir sy kerk geword het. Nou het hy ’n versameling ou geroeste nostalgieë om sy bakhuis, wat toeriste trek. Ek krap by die Hospice-boekwinkel dikwels tussen die mooi leergebinde klassieke Engelse boeke rond. Ek het op ’n stadium die klassieke stories van oa Tale of Two Cities, Robinson Crusoe ens, op gelees. Ek moet in my stoor krap, ek moet êrens nog ’n Karl Marx hê. Ek het in die na 1994-era dikwels briewe gehad in Beeld onder redaksie van Tim Du Plessis. Ek het na my egskeiding, ’n tydjie in die IDF, op my langverlof, verwyl. Terwyl ek soos ’n hippie deur die “heilige land” gereis het per taxi, trein of bus, het ek my vergaap aan die onheilighede daar. Daar is nog hordes hippies daar en die tipe kultuur floreer in ’n omgewing waar die “saak” groter geword het, as die individue in die “saak”. Wie sou kon dink dat uit die palm van my hand op ’n duim by half duim skermpie sal tik vir LitNet? Ek het altyd myself op die 16PF getoets en onkonvensioneel was nog altyd my sterkpunt. Nou ja, ek mis die sewentigs en die leefstyl van toe. Kalil Gibran se boeke was druk bespreek, maar ek onthou ook die nederige waarheid van 2 seuntjies met dik snye brood ... En die trefsin “oom, oom, ons ma is dood”. Is daar nie spontane banaliteit van lewe vervat in diè tipe digkuns van bekende Afrikaanse skrywers en ook in byna onverstaanbaarheid van ’n André Le Toit? Vra ook maar net.

Hans Richardt