Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Om aan iets, of om in iets te glo ...


Cornelius Henn - 2012-01-13

Sabbat Shalom.

In terme van ons hart is "aan" en "in" teëstellinge wat skerp teenoor mekaar staan; byvoorbeeld om aan die Bybel te glo, of om in GOD te glo.

Vir baie is hierdie werklikheid eenvoudig; vir die werf se alwetende kits naslaners iets onmoontliks.

Elke mens gaan deur ’n stadium om aan iets gebonde te wees. Ek was ’n groot aanhanger van Paul McCarthy, Roger Waters, Ian Anderson, Neil Diamond ... sonder dat enigeen van hulle ooit sal weet wie ek is.

As tiener was ek dol verlief op meisies wat ten spyte van my aanlê, hulself tot hul spyt nooit eens in my rigting verwerdig het nie.

Uiteindelik het ek die volmaakte vrou ontmoet en het ons in ’n lewenslange huwelik getree. Dis amper nes enige moeilikheid waarin ’n mens beland sonder om daaraan te glo. Eintlik is dit meer soos om in die see te swem; jy is in die golwe en al kan jy vlieg moet jy swem.

Daar is baie harte wat aan ’n verhouding gebonde is. In sulke hartseer is daar ’n onderdrukker en ’n slagoffer; die alwetende met die begaafde intellek teenoor een wat ewig daarvan moet weet. Hierdie pyn is wesenlik in menige huwelik, ouer-kind, godsdiens en vriendskap verhouding.

Daarteen is daar menige geseënde hart wat in liefdesverhouding leef. In sulke verhoudings is alles ’n gelyke belewenis, verassing en vreugde. Elkeen het ’n onderskeie rol, maar een troon nie bo die ander in alwetendheid nie.

In sy geloof aan die Bybel, verhef Kobus de Klerk die Bybel in sy intellektualisme as die Woord om homself as sodanig begaafd, GOD in sy pag aan sy volgelinge voor te hou; nes die Fariseërs en Skrifgeleerdes van ouds in hul intellektualisme harte in ’n persoonlike verhouding met GOD laat stenig het. Hulle leer allerlei dwalinge aan om ander daarmee te intimideer en te manipuleer.

Ek het vrede met Kobus de Klerk en elke ander hart se geloof en/of ongeloof. Net GOD ken ons HARTE; net GOD versorg ons daarin. Geen mens ken eens sy eie HART nie. Geen mens kan vir mekaar belewenis in GOD gee nie.

En dis die ding; daar is eintlik net een ekke. GOD het my by die naam geroep, die hare op my kop getel en ken my voor ek gebore is. Ek is wie ek is in GOD se genade en hoef nie deur Google of Woutie se kits naslaan in ’n Kobus de Klerk gevorm te word nie.

Soos geskrywe;

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My (Openbaringe 3:20).

Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper klop aan elke hart.

Interessant dat Kobus de Klerk hierdie uitnodiging aan die fenomenale kits naslaner Woutie gerig het:

As jy nie moeite gaan doen om dié perspektiewe in te sien en dan my skrywes in die lig dáárvan bejeën nie, sal jy altyd net as onkundige buitestander halfgebakte kommentaar bly lewer.

Terwyl Woutie nes Kobus de Klerk ’n entoesiastiese aanhanger van kennis oor elke onderwerp in die Kosmos is, maan Kobus Woutie dat dié nooit sal verstaan totdat Woutie oopmaak en in die ding kom nie.

Dis waar.

Kobus ken die verskil tussen "aan" en "in" as dit hom pas.

Tog weet Kobus alles oor ander se werklikheid sonder om ooit in ’n sinagoge, moskee, katedraal of Hindoe-tempel aanbid het.

Mag Jesus Christus onse Shekhinah, self elke hart in HAAR liefde troos.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn