Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Cornelius: Agnostiese-ateïstiese-humanistiese-sekulêre groete


Gilgamesh - 2012-01-13

Hello Cornelius

Ek vind dit effens moeilik om te glo dat jy ’n werklike versoening of logiese draad kan vind tussen al die gelowe waarna jy verwys sonder om oormatig te "cherry-pick" wat vir jou persoonlik van waarde is. Ek moet saamstem met Kobus dat jy ’n Cornelius-Henn-geloof vir jouself saamgeflans het, maar anders as hy pla dit my min. Dan Barker het telkemale al verwys na Christene, Jode en Moslems as beter as die God waarin hulle glo. Jy "glo in ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade en in die openbaring daarvan in alle godsdiens op aarde."In jou geval dink eh jy is beter as al die gode waarin jy glo omdat jy eenvoudig weier om die bose in elke liewe een van hulle te erken. Die uiterste henoteïs (henotheist) wat waarde vind in die volgende:

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16)

’n Kort rukkie terug het jy jouself beskryf as ’n ateïs wat lank gesoek het tussen verskeie spirituele idees en religieë vir ’n waarheid wat jy uiteindelik gevind het. Iets oorkoepelend wat almal waar maak. Soos St. Augustine vind jy fout met die Manichees, besef jy iets is nie reg nie, maar in plaas van van verander tel jy op. Nooit oorweeg jy (soos die goeie saint) die moontlikheid dat die antwoord dalk in ’n heel ander rigting lê. Ek twyfel sterk of jy ooit geglo het dat daar nie ’n god is nie. Saterdag sonder die wete dat môre Sondag is was net te veel om te verdra.

Jou pad na ongeloof neem dalk langer as myne (jy het heelwat meer ekstra bagasie vir jouself gelaai as ek) maar ek dink daar is genoeg integriteit in jou om daar te kom. Draai om en kyk na die wêreld soos dit werklik is. Ek verseker jou jy sal nie in ’n soutpilaar verander nie. Die volgende vir inspirasie:

Enjoy life with your wife, whom you love, all the days of this meaningless life that God has given you under the sun – all your meaningless days. For this is your lot in life and in your toilsome labour under the sun. Whatever your hand finds to do, do it with all your might, for in the grave, where you are going, there is neither working nor planning nor knowledge nor wisdom (Ecclesiastes 9: 9-10)

Mooibly

Gilgamesh

NS Jammer oor die Engelse aanhaling. Ek het my Nuwe Vertaling jare terug verkoop vir drankgeld.