Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

13


Cornelius Henn - 2012-01-12


Veels geluk liewe LitNet omdat jul verjaar!

Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ek onthou die dag toe julle ses jaar oud was soos gister. Intussen het ek meer as tagtig biljoen karaktertjies van hier uit my hoek aan die donkerkant van die maan aan julle getik; het ’n paar Webvoete gekom en ons weer verlaat; is daar ’n Ou LitNet, ’n nuwe LitNet en nog ’n heel nuutste op pad.

Daar is ook baie harte wat gekom en weer weg is; party wat helaas ten volle ken in die Hiernamaals.

Baie dankie vir julle toewyding daar aan die voete van die pragtige blou berge op die vlakte langs die Berg.

Mag die HERE julle seën en nog baie jare laat voortwoeker.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn