Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Pyn


Elbe Erasmus - 2012-01-12

Hallo Hans

Oor jou skrywe, sal mens seker baie kan sê, maar as ek mag, sal ek ’n mening wil lug.

Jy het seker al gehoor van krokodiltrane? Nou-ja, daar is regtig so iets!

Soms kan ’n paar trane maklik gestort word, en daarmee wil ek nie sê die pa's het krokodiltrane gehuil nie, maar soms is die smart so diep,
dat dit bykans onmoontlik is om uiterlik emosie te toon.

’n Ander mens se pyn, fisies of emosioneel, is iets waaroor ons as buitestanders nie regtig ’n mening kan lug nie.

Ek was ook in my lewe al daar en praat uit ondervinding.

Satan en tokkelossie is maar die selfde ou, net met ’n ander naam. Die mens word gebore met ’n kennis van die goeie of die kwade, dis in ons DNA, daarom die ewige soeke na antwoorde oor die Godheid. Die mens is van die begin af ’n "blameshifter" en sal graag al die sleg wat ons doen, aan ’n ander party wil toeskryf. Baie van dit wat ons doen, is maar uit ons eie selfsugtige EK afkomstig. Maar gee tog maar liewer die duiwel die skuld, dan lyk ek nie so sleg nie.

Nou vind ons dat God ook die skuld kry vir baie goed, wat Hy eintlik aan ons oorgegee het om oor te besluit, met die vrye wil wat Hy aan elke een gegee het.

Ons is tog nie ’n klomp robotte wat geen insig het nie.

So het dit, na my mening, ook gegaan met die Voortrekkers, wat die land met baie goeie bedoelings ingetrek het, tog weet ek en jy, dat nie almal met die Bybel as eerste prioriteit getrek het nie. Weereens was die eie ek en hebsug, moontlik aan die speerpunt van die trek. Die trekkers, weereens na my mening, was ’n klomp harde koppe, wat nie bereid was om onder ’n ander man se leierskap te staan nie. Weereens die eie ek. So het dit in ons menslike geskiedenis nog altyd gegaan. Van die vroegste tye het die mens gestreef om gesien en gehoor te word. Kyk maar na die klein babatjie in sy bedjie, die eie ek en MY behoeftes is al waaroor dit gaan.

So is die mens, en as ons onsself nie toelaat om te groei in die goeie nie, sal die eie ek en selfsug, deur ons lewe heers en dan vra ons hoekom daar soveel gebrokenheid in die wêreld is.

Ek sê maar net.

Elbe Erasmus