Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Vir Hans oor konvensie


Jan Rap - 2012-01-12

Hans, jy wat so hoog opgee oor buite die boksie dink, konvensie oorboord gooi, ek-is Hans-en-Hans-maak-wat-hy-wil-houding, jy gaan staan en raak die volgende kwyt: "n Mens kan nie metaan afblaas oor gebruik van Afrikaans en dan Engelse skrywers as verwysings aanhaal nie."

Hoekom nie? Is dit konvensie? ’n Reël wat iemand vir jou neergelê het? La'k jou nou ’n ding vertel: ’n Mens kan. ’n Mens kan metaan afblaas oor die verval van Engels en Sanskritskrywers aanhaal as verwysing as mens wil. ’n Mens kan die agteruitgaan van die reënwoud, of die uitsterf van die blouskoenlapper, of die verbastering van Pools met Russies bekla en Hebreeuse, Griekse of Ierse skrywers aanhaal ter stawing as mens wil.

Indien ’n onnie of iets vir jou gesê het dis ’n reël moet jy daarmee maak soos met heilige koeie; jou nie daaraan steur nie.

Jan Rap