Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Voëlvry as ’n tipiese “Afrikaanse hippie”


Hans Richardt - 2012-01-12

Die Voëlvry-era kan as die mees onlangse Afrikaanse hippie manifestasie voorgehou word, van “anti-establishment”. Dit sal beslis nie juis as ’n Angus Buchan charismatiese herlewing uitgelig word nie. Dit was ’n bevraagteken van die “totale aanslag” vs menseregte in SA. Tans voel ek as hippie, dat die wit man totaal afgeskryf is met wetgewing en tog bestaan ons tasbaar in SA. Ek het nie “politiek swart” geword nie, maar soos Johannes Comestor uitgewys het, mag nie op enige manier bevoordeel word as wit man nie. Ek gaan beslis nie wedergebore word as ’n “politieke swart man” nie. Die belaglikheid van die “politieke swart man” tans, is dit sluit alle ras en etniese groepe in, behalwe wit Afrikaanssprekende man. Wie wil saam met KdK in hierdie obsessiewe hemel eindig? Dit sal ’n ewige hel wees. Nee, hel hier kom ek as ongelowige hippie. Sal my kans vat daar.

Hans Richardt