Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Beatniks tot hippies


Hans Richardt - 2012-01-12

Asb Maggie, is jy besig om ’n opsetlike wanindruk te skep op LitNet met KdK-weergawe van obsessie geloof gebaseerde tipe Waco, Texas of Charles Manson tipe “charismatiese hippie”? Beatniks wat gatvol was vir Billy Graham revival, waar demone uit hul uitgedryf moes word, het die “civil rights” en “women liberation” gedryf, na die totale aanslag era van McCarthy, wie ’n kommunis in alles gesien het en Billy Graham ondersteun het. Voeg hierby die toename in gewildheid van die Newport folk festival in 1963 en die Martin Luther-King “I have a dream”-toespraak, met Peter, Paul en Mary as hoofgroep met ’n versetliedjie en die “hippie” was gebore. Hul het juis in verset teen “charismatiese” Billy Graham in sy sirkustent kerk, alternatiewe gelowe, oa die inheemse Indiaanse geloof, ondersoek. Yogi was ’n tipiese Indiër gryp na ’n “quick buck”. Bob Dylan, Joan Baez en die steeds bestaande Peter, Paul en Mary-groep, het versetliedjies uitgegee, wat die sin van alles bevraagteken het. Stel die saak reg. Ek skuit liewer in my beste Sondag pantie, voor ek ’n “charismatiese” of enige tipe christen word.

Hans Richardt