Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Ek en Shakespeare


Hans Richardt - 2012-01-12

Ek het my hele lewe lank gesukkel met Shakespeare. Opgegroei met al Shakespeare se werke op boekrak. Eers in matriek in 1976 agtergekom met The Tempest dat jy net met die verklarende frase boek, die “plot” kan ontrafel. Dis soos om te vergeet dat die charismatiese Billy Graham en Martin Luther-King sy-aan-sy met die blommekinders (hippies) geleef het in VSA. Die “charismatiese kerke” het nie as reddingsboei na die tyd gekom nie, maar die karakter van die kerke was juis verander met die koms van die hippies, om hul terug te lok. Pete Seeger se “folk revival” en burgerskap van inheemse Amerikaanse Indiane, was die ander grondslag van die “hippie” ontstaan in die VSA. Bob Dylan en Joan Baez was bekendste verset sangers, met die “siviele regte”-musiek, deur in vroeë 60's saam met Peter, Paul en Mary wie oor “civil rights” gesing het by die Newport Folk festival op te tree, lank voor Woodstock. Koop die CD The Other Side of the Mirror. Mense lees in Shakespeare, soos in “Bybel”, wat hul persoonlike siening pas. Ek gaan beslis nie nou Shakespeare of die bybel begin herlees, as wit non-entiteit in SA, om iemand te voel nie. Ek voel soos Bart Nel nou. Ek val nie vir KdK se neerhalendheid agv “alwetendheid” oor niks. Woodstock was juis geboikot deur bekende verset musici, wie hulself nie met dwelms wou assosieer nie. KdK hoor die klok lui, maar weet nie waar die bel hang nie.

Hans Richardt