Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Gilgamesh: Oom OuKoos Voorkamer


Cornelius Henn - 2012-01-12

Hallo Gilgamesh

Dis altyd gaaf om op iets van jou op die werf te kliek.

Oom OuKoos Voorkamer herinner baie sterk aan PW Botha se stille meerderheid wat so die een Nasionale Party verkiesing na die ander laat wen het.

’n Mens het nooit juis van hulle in enige verkiesing stryd gehoor nie. Hul kruisie was net klokslag agter die wenparty wat vandag die groot verloor meegebring het. Vandag sit die meeste van hulle natuurlik oor die groot water iewers heen. Die res maak stilletjies hul rassistiese duimpies op of af in koerant kommentare op die internet.

Niks het eintlik verander nie. Oom OuKoos Voorkamer is totaal in die kol met sy bevordering van stilte in die massa as ’n diepe volks ding op die werf.

En glo my; dis waar!

Kobus de Klerk staan miskien as priestershoof net vir Erika Henn en ’n paar ge-aliede karikature op die werf, maar sy sentimente ego die Afrikanerdom.

Aan die anderkant dink ek Oom OuKoos Voorkamer ag Woutie as hoof met al jul ateïste saam, julle nogal as ’n behoorlike mag om mee rekening te hou.

Snaaks, maar ekke het weer so half gedog Oom OuKoos Voorkamer reken die Hindoes, Moslems, Jode, katolieke en Boeddhiste as die minderheid op die werf wat dalk vastrapplek in Kobus de Klerk se egotistiese waan kry. Maar reken ek Francois Williams by hierdie minderheid, dan kon Oom OuKoos Voorkamer sekerlik tog nie so ’n groot fout maak nie.

Nietemin, Oom OuKoos Voorkamer is sonder twyfel ’n geharde Protestant wat erg verlang na die stilte van sensuur wat hul saak dien in die ferm hand van die gereformeerdes se Christelike Nasionale onderdrukking.

Maar, soos menige ander al gekom en gegaan het in pyn oor die sensasionele ou grote Kobus de Klerk se ongrondwetlike regsinnige haat en hoon, net so sal Oom OuKoos Voorkamer se kommentaar soos ’n warm wind onder uit op ’n vol trein verbygaan; almal ruik dit, maar niemand weet wie se gaatjie dit is wat lek nie ...

En daarom sal ek hier aan die donkerkant van die maan oor en oor; dag vir dag sit en tik totdat die Ster van Bethlehem my ook kom haal (in absolute dankbaarheid dat onse geliefde Webvoete wel my tiksels nog plaas).

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn