Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Afrika: Onbetwisbaar bakermat van wetenskaplike beskawing!


Ran Doodt - 2012-01-12

Dit is nou maar so dat rugby-belangelose mans graag spog oor spesifieke plekke as die bakermat van beskawing.

Jan Rap het verwys na rioolwerke, veeteelt en wetenskaplike boerdery, en vir Westerlinge is beskawing sinoniem met sulke wetenskap.

Die eerste plek op aarde met al hierdie rasionele wetenskap in een plek: veeteelt, rioolstelsel, wetenskaplike landbou, perdekarre en paaie, stads-en streekbeplanning, biblioteke en argiewe, realistiese kuns en skryfwyse, en gelyke regte vir meisies en vroue was in Amarna, Afrika.

Meer as 50% van alle Afrikaners, Francois Williams hoogs waarskynlik ingesluit, deel dieselfde DNA as die mense van Amarna in Afrika – dit is ’n kontroleerbare feit.

Afrikaners kan nou hulle persoonlike DNA vir Amarnamese ooreenkomste tuis laat toets teen ’n klein koste van ongeveer R3 500.

Francois is kontroleerbaar korrek: Afrika is die bakermat van wetenskaplik-rasionele beskawing deur middel van Amarna.

Ran Doodt