Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Hoekom Shakespeare?


Wouter - 2012-01-11

Hello

Hierdie is op geen manier ’n poging om ’n debat met Hans aan die gang te probeer hou nie, maar hierdie frase het wel die oog gevang, wanneer Hans skryf: “Ek het nog nooit sin in Shakespeare gesien nie, behalwe dat hy vrot gerook was aan dagga”.

Laat dit dan so wees, daar is ’n verskeidenheid van maniere hoe die mens ongeletterd kan wees en ek is glad nie deel van die skool wat aanvoer dat ’n persoon net “beskaafd” is indien Shakespeare of letterkunde van daardie aard deur die persoon gelees word nie.

Dit is eerder Comestor se argument wat verwysing na “ontwikkelende” mense insluit en ’n duidelike rangorde.

Hierdie is dus glad nie so ’n projek nie, wat wel na vore gebring wil word is die manier hoe Shakespeare se toneelstukke juis modern bly.

Oorweeg Ian McKellan se weergawe van Richard III wat sonder enige twyfel suksesvol as die uitbeelding van ’n diktator hoe Kevin Spacey die kort roete tussen “winter of our discontent” en die “Arab Spring” maak in ’n onderhoud met Charlie Rose, oor sy weergawe van Richard III.

Vir “gebroke drome en ekonomiese laste” kan die Merchant of Venice altyd oorweeg word en weereens bevestiging gekry word van die moderniteit van Shakespeare se toneelstukke. Ekonomiese laste, skuld, die terugbetaling daarvan met die bekende “a pound of flesh” as motief en aangespreek deur die toneelstuk.

Dogters en hulle pa is dit hoegenaamd nodig om na King Lear te verwys en die duur les wat deur die ou koning moet geleer word oor die liefde. Cordelia wat nie uit die dood gebring kan word nie.

Die komplekse persoonlikheid van Hamlet wat meer kan bied as wat menige ander karakter kan bring.

Of ’n minder bekende stuk soos Coriolanus, wat nie aan my bekend is nie maar waaroor Slavoj Zizek ’n uitstekende opstel geskryf het as kommentaar op Ralph Fiennes se weergawe van Coriolanus.

’n Inleiding:

Fiennes's first move was to change the play's geopolitical co-ordinates. Rome is now a contemporary colonial city state in crisis and the Volscians are leftist guerrilla rebels, organised in what, today, we would call a "rogue state".

’n Toneelstuk van 400 jaar gelede nou nog staande in die terme van modern politieke dialoog.

Die komedies word nie aangespreek nie, maar gunstelinge sal wees, Much ado about Nothing, Love's Labour's Lost met uitstekende dialoog en die belofte van seks ...

Charlie Rose het ’n reeks wat tans aangebied word. “Why Shakespeare?” en is werd om na te luister.

Luister na die uitstekende Liev Schreiber oor die motiverings van Macbeth.

Baie dankie

Wouter