Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

Die weg van die galg – Wouter


Jaco Fourie - 2012-01-11

Beste Wouter

’n Paar herinnerings vanuit vorige briewe van my met betrekking tot die doodstraf ...

Jy skryf: “Dit (die bespreking oor die doodstraf) was grootliks ’n poging om die alternatief ook ’n spreukbeurt te gee, aangesien die begeerte vir doodstraf met soveel sekerheid aangebied is deur jou en ander.”

Ek het geskryf: “Ek onderskryf (onwrikbaar) die doodstraf vir sekere misdade reeds in ’n vorige skrywe genoem. Jy in teendeel is teen die doodstraf gekant. Ek weet dat daar minder argumente ter stawing van die doodstraf is as wat daar is vir lewenslange tronkstraf is. Nieteenstaande. Indien tot ’n referendum oorgegaan word, weet ek, sal ek ten gunste vir die doodstraf stem. Wat sê dit. My hart, eerder as my kop het die oorhand gekry. Nou om te stry en te skel om my sentiment op ander af te dwing, maak nie die saak reg nie. (In hierdie geval, weens ’n gebrek aan ’n beter woord, verkies ek om ‘verkeerd’ te wees).”

Bogenoemde impliseer glad nie instemming vir ’n “lynch mob” vorm van teregstelling soos in jou jongste brief uiteengesit nie. Daar is ’n groot verskil tussen staatregterlike teregstelling soos in die VSA toegepas en ’n “lynch mob”, laasgenoemde glad nie aanvaarbaar nie. Verder het ek ook voorheen gesê, en ek volstaan daarby, dat die galg vir moordenaars; gewapende roof; verkragting; mense roof; dwelmsmouse; ens, gereserveer moet word.

Enige argument om die doodstraf te staaf in die huidige wêreld bestel, sal swak voorkom, so om dit te probeer debatteer gaan ’n nuttelose oefening wees. Verder, ek weet dat al hoe meer as die huidige meerderheid lande in die toekoms die doodstraf gaan afskaf, veral waar internasionale druk daartoe toegepas word.

Dit bly aan my kant ’n sentiment, welke sentiment ek nie bereid is om afstand van te doen nie. Ek het baie nou (skouer aan skouer) met van die “rif-raf” in hierdie land te doen gehad, veral dwelmbase wat verslaafdes fisies vermink het. Als voorbeeld. Ouboet se oudste seun het by Wits gedurende die 90’s graad gestudeer, en ’n woonstel in Doornfontein gehuur. In dieselfde woonstel is ’n jong (swart) student se arm met ’n byl deur ’n dwelmbaas afgesit omrede die nie vir agterstallige skuld kon betaal nie. Die skrik bewind wat hierdie mense in die buurt gevoer het, het genoodsaak dat ouboet vir Andre elders laat verhuis het. Vandag is daar sekere buurtes, veral op die Kaapse vlaktes waar die dwelmbase heerskappy voer. Rehabiliteerbaar? Daar is genoegsame statistieke die wêreld deur wat die teendeel sê.

En ja. Ek het geen simpatie met die sogenaamde Suid-Afrikaanse “moles” wat met dwelms in ander lande gevang word en deur hulle regerings tereggestel word nie. En ja. Ek stem glad nie saam dat hulle hier in Suid-Afrika (op my belastinggeld) straf moet uitdien wat hulle in ander lande met oop oë gedoen het nie.

Met genoegsame parlementslede wat vir (alleged) verkragting en ander misdade in die verlede verdink is, kan ’n mens die huidige regering se sentiment rakende die doodstraf goed verstaan.

Die deelstate van die VSA wat nog die doodstraf toepas, vir hulle sê ek “doe so voort”. “One state, Oregon, abolished the death penalty through an overwhelming majority in a 1964 public referendum,but reinstated it in a 1984 joint death penalty/life imprisonment referendum by an even higher margin, after a similar 1978 referendum.” (Wikipedia). Dit sê tog iets nè! Dat SA die galg weer in die toekoms sal herinstel, deur ’n jong opkomende geslag, is nie onmoontlik nie, veral met die huidige onbenydenswaardigste statistiek vir halsmisdade ter wêreld.

Jaco Fourie