Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

ANC byna 20 jaar aan bewind – wederkoms naby?


Ran Doodt - 2012-01-11

Dank aan Jaco Fourie vir sy aktuele ANC-analise in agt punte.

Dit is so dat die grootste stambelange beheer is. Beurte is gemaak: eers het Zoeloes die ANC beheer, toe Xhosas, en nou weer Zoeloes.

Byna 50% van alle ANC-lede vandag is lede van hierdie twee Nguni-hoofstamme.

Poligame President Zuma het onder andere redelik onlangs met ’n Madiba-sibbe dame getrou, en beïnvloed daardeur ’n beduidende Xhosa-bevolking.

ANC-afgevaardigdes van Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap kies as ANC-meerderheid die president in Bloemfontein gedurende 2012, en sal so die Pedis en opstandige Limpopostemmetal kan neutraliseer. Prominente Pedis is: Malema, Motlanthe, Sexwale, Phosa.

President Zuma weet hoe om interne verdeeldheid te beheer en te kanaliseer. ANC-ledetal in Kwazulu-Natal het oor afgelope paar jaar verdubbel. Voorvaders word ook vereer in die stryd om beheer.

Zuma is net soos Mbeki, Mandela, Tambo en Lituli die absolute grootbaas van die organisasie, met die Jeugliga wat altyd die grootste rewolusionêre bedreiging vir enige ANC-bestuur is.

Die Jeugliga werk nou in Bloemfontein weer rewolusionêr saam met Limpopo en ’n Xhosa-faksie van oud-president Mbeki, eerder as die Zoeloe-faksie, saam met wie hulle in Polokwane gestem het in die rewolusie teen Mbeki.

Suid-Afrika is tans opgedeel in nege proto-apartheid etniese provinsies, sommige met baie myne, en ander met min. Cassal Matala van Limpopo, Malema se vriend, het nou reuse steenkoolreserwes vir groot bedrae geld aan Indie verkoop. Saam met myne kom geld en mag, maar provinsiaal pleks van nasionaal.

Die kragte wat beide Suid-Afrika en die ANC binnekort gaan opbreek, is groter as enige regeringsvermoë om dit te verhoed. Dis net ’n kwessie van tyd en die klok tik.

Ran Doodt