Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos

Voorbladnooi se glansaand


Izak de Vries - 2011-12-23

Nelle Dreyer se outobiografie, Voorbladnooi, is Woensdag 7 Desember 2011 in The Book Lounge aan ’n waarderende Kaapstadse gehoor bekendgestel. Talle bekendes, onder wie beroemde fotograwe, het ingeloer. Izak de Vries het sy lyf paparazzo gehou.

 

Jackie Burger (links), die redakteur van die modetydskrif Elle, het die bespreking gelei. Hier is sy saam met Nelle, die skrywer van Voorbladnooi.

Lambro Tsiliyiannis (fotograaf) en Nelle Dreyer

Lambro Tsiliyiannis was een van die glansfotograwe tydens die jare sewentig en word vandag nog gereken as een van Suid-Afrika se veelsydigste, en beste, advertensiefotograwe.

Jac de Villiers se portretstudies van bekendes soos Desmond Tutu, Jonah Lomu, Noor Al-Hussein, Marion Jones, Wei Jingsheng en talle meer is wêreldberoemd.

Gavin Furlonger was in die sewentigs en tagtigs bekend vir sy dramatiese advertensiefoto’s. Vandag is hy die kurator van PAPA (Photographic Archival and Preservation Association) en ’n agent vir jonger fotograwe, maar sy kamera is steeds aan sy sy.

Gerda Genis (links) is vandag een van Suid-Afrika se bekendste modefotograwe. Hier is sy saam met Jackie Burger van Elle.

Massimo Spazzol, beter bekend as Maxi, was een van New York se bekendste haarstiliste in die dae toe Nelle nog gereeld in Vogue verskyn het.

Gabi Rosenwerth, Nelle Dreyer en Gavin Furlonger

Links is Gabi Rosenwerth saam met Nelle Dreyer en Gavin Furlonger. Rosenwerth se gemaklike, stylvolle skeppings word wyd gedra en sy is al met onder andere die J&B Rare Designer Award bekroon. Gabi se ma, Elzbieta, het die Rosenwerth-naam in Suid-Afrika gevestig en Nelle het in haar jeug heelwat van Elzbieta Rosenwerth se skeppings gemodelleer.

Johan van The Book Lounge het gepraat van die “groot tuiskoms”. Nelle se ouerhuis was in Hoopstraat, net om die draai van waar The Book Lounge geleë is. Nelle was op Jan van Riebeeck en talle oud-Jannies het die geleentheid bygewoon.

Ná die praatjie het Nelle boeke geteken en sommer ’n klomp ou vriende weer ontdek. Hoewel Nelle reeds dertig jaar lank in Frankryk bly, praat sy steeds vlot Afrikaans.

Anneri van der Merwe, die doyenne van die uitgewersbedryf, was hoofmeisie by Hoërskool Jan van Riebeeck toe Nelle daar op skool was. Sy onthou vir Nelle goed, want Nelle was te hardkoppig om haar hoed te dra!

Die kunstenaar Kathy Abrham deel ’n passievolle moment met Nelle.

Nicol Stassen, die besturende direkteur van Protea Boekhuis, deel ’n ligte oomblik met Anneri van der Merwe.

Die sagmoedige reus Murray la Vita verdwerg Nelle tydens hulle gesprek.

Die stil man agter die skerms, Xavier Nagel, glimlag ná die afloop van nóg ’n suksesvolle aand wat hy gehelp reël het.

   

 

Foto's: Izak de Vries