Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Hy het my soos ’n godin laat voel


Ek verlang na jou - 2011-12-20

Twee jaar gelede het ek ’n weduwee geword. My oorlede man was die enigste man met wie ek ooit intiem verkeer het en kan ek dus slegs vertel van dit wat ek saam met hom ervaar en geniet het.

Hy was heelwat ouer as ek, maar weinig dae het verbygegaan sonder dat ons nie op een of ander manier seksueel verkeer het nie. Ons het selde met klere aan geslaap – winter en somer – en daar was nie ’n greintjie selfbewustheid vir mekaar se liggame nie. Op ons ouderdom lyk alles slapper, breër en plooierig, maar hy het my soos ’n godin laat voel. As ek bietjie moeg was, het ek hom toegelaat om met my te doen wat hy wil en dit het gewoonlik uitgeloop op ’n "lekker-speel" tydjie met poeier en rome. Ons het ook saam gestort en daar het ons net soveel pret gehad, met sy hande wat presies geweet het waar om te raak en te streel, sodat sy "beloning" in die kamer op dit uitgeloop wat hom laat brul het van lekkerkry! Ek het hom mos darem ook ’n lekker was gegee!

Ons het nooit ongemaklike dinge met mekaar gedoen nie, maar baie nuwe tegnieke op so ’n manier ontdek. Hoe sal ek ooit weer kan ervaar wat ons gehad het? Al is ek net ’n normale vrou, soos die Here ons geskape het, sal ek nooit buite die huwelik saam met iemand slaap nie en trou wil ek ook nie weer nie. Dit is ’n ongelooflike leemte, want net ’n man kan ’n vrou só spesiaal aanraak!

Ek verlang na jou