Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

Robinson Regstreeks: Desember–Januarie


2011-12-15

Untitled Document Robinson Regstreeks 
Sondagaand 18 Desember
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30

Wie is verantwoordelik vir die behoud en bewaring van ons monumente?

Onlangs het Afrikaanse sangers deelgeneem aan ’n musiekfees wat by die Voortrekkermonument gehou was om fondse in te samel. Die Voortrekkermonument se staatsubsidie is hierdie jaar met meer as 900 000 Rand gesny. Ons praat met kenners van die Anglo-Boereoorlog Museum in Bloemfontein en die Voortrekkemonument oor staatsbefondsing van die twee museums.

Sluit by ons aan.



Robinson Regstreeks 
Sondagaand 25 Desember
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30

Die Olimpiese swemmer Natalie du Toit se verhaal is ’n inspirasie vir ons almal, een van moed en vasberadenheid om hindernisse in jou lewe te oorkom. Dis ’n persoonlike gesprek oor die mens Natalie, ook buite die swembad. Sy vertel hoe sy uitdagings aanpak, praat oor haar lewensuitkyk en hoe sy haar lewe eendag sien wanneer sy ophou kompeterend swem.

Sluit by ons aan.



Robinson Regstreeks 
Sondagaand 1 Januarie
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30

Vanaand is ons spesiale gas Leon Schuster, die grapmaker wat die land al vir meer as 25 jaar laat lag. Hy’s die man wat ons laat lag, selfs vir die ernstige politieke situasies in ons land. Hoe kry hy dit reg, na al die jare?

Hy vertel ook van die nuwe fliek “Mad Buddies” waarmee hy tans besig is. Die fliek word in Junie 2012 bekendgestel. Vir dié fliek het hy internasionale steun gekry. Dis ’n persoonlike gesprek oor die grapmaker en die meer ernstige man, Leon.

Sluit by ons aan.



Robinson Regstreeks 
Sondagaand 8 Januarie
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30

Hy word genoem die vinnigste man op aarde sonder bene.

Oscar Pistorius is ’n internasionale sport-ikoon, maar hy word ook hoog geag vir die mens wat hy is. Vanaand is hy ons spesiale gas.

Sluit by ons aan.



Robinson Regstreeks 
Sondagaand 15 Januarie
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30

Êrens tussen die lewe en die dood lê ’n grysgebied van tussenbestaan – so blyk dit uit die getuienis van mense wat ’n amper-dood ervaring gehad het. Meeste dokters en predikante is skepties hieroor, maar dié wat besoekers aan die gryswêreld was, en terugekom het, vertel van besondere ervarings.

Sluit by ons aan.