Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists

Top 11 2011: Skryfraad


Bibi Slippers - 2011-12-14

Untitled Document

Bibi Slippers kies 11 brokkies goeie raad vir skrywers

11 skrywers, 11 brokkies raad – geen verskonings om nie te skryf nie!

 

  1. Nicole Strauss:  Die belangrikste is om te begin. Kom aan die skryf.

  2. Fanie Naudé:  Skryf die soort verhaal wat jy graag self sou wou lees.

  3. Willem de Vries:  Stiplees is deel van skryf; ook om te herskryf.

  4. Helena Gunter:  Dink aan jou lesers – respekteer hulle; hulle verdien dit meer as enigiemand anders.

  5. Nini Bennett:  Beplan jou verhaal.

  6. Jaco Fouché:  Minder is meer.

  7. Riana Scheepers:  As jy skrywersblok het, skakel die radio en televisie af. 

  8. Joan Hambidge:  ’n Mens kan gedigte skryf alleen indien jy die gedigte wat reeds in daardie taal geskryf en gepubliseer is, ten minste ken.

  9. Carina Stander: Poësie is klankkuns – lees jou vers hardop.

  10. Lewies Botha:  Koop tog ’n digbundel. 

  11. Martina Klopper:  Kry ’n mentor, iemand wat jy kan respekteer en vertrou en vice versa.