Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Kennisgewings | Notices

Rock the River SA Nuwejaarsfees 2011/2012


2011-12-13

Rock the River SA Nuwejaarsfees 2011/12
Cape Town Ostrich Ranch
31 Desember 2011 – 2 Januarie 2012
Kaartjies:
By die hek
Computicket
www.rocktheriversa.co.za

Die jaar is besig om ten einde te spoed en die feesseisoen kom al nader – weet jy al hoe jy Nuwejaarsaand 2011 gaan spandeer? Hoe klink ’n uitstappie saam met vriende na ’n musiekfees in die natuur, ver weg van die gedruis van die middestad?

In 2011 sal die Rock the River SA Fees voortbou op die vorige sukses van die vorige twee jare en weer poog om vir partytjiegangers ’n opwindende alternatief te bied tot konvensionele Nuwejaarspartytjies. Die organiseerders het in 2009 die eerste keer die gaping in die mark raakgesien en van toe af elke jaar ’n heerlike buitelugfees gereël wat feesgangers toelaat om jolyt te maak in ’n veilige, natuurlike omgewing. Hierdie jaar se Rock the River SA Nuwejaarsfees vind plaas vanaf die 31ste Desember tot die 2de Januarie by die Cape Town Ostrich Ranch, ’n blote 20 minute buite Kaapstad op die N7, Weskus se kant toe.

Tans sluit die bevestigde groepe wat aan RTR SA 2011 gaan deelneem die volgende in (onderworpe aan verandering): Fokofpolisiekar, Hog Hoggidy Hog, Reburn, Half Price, Peachy Keen, Stonecollar, The Modes (PE), Junkyard Lipstick, CY.STR, Jackal & Wolf, Thought Police, Witness to Wolves, Boombox Troopers, Cannon, Smugg Juggler, Woodstock Mafia, Signal Hill, Dustland Express, My Flawless Ending, Fingers in the Sky, ’n platejoggie groep van by RubaDub and Basscore, asook the 420 Comedy Troop. Verdere kunstenaars sal op ’n latere stadium bevestig word.