Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > LitNet Akademies-gespreksruimte

YouTube-onderhoud: Johannes Froneman


Johannes Froneman - 2011-12-08

Johannes Froneman gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel van sy ervaring as mediapraktisyn en hoe hy eindelik as dosent by die NWU beland het. Verder bespreek hy sy en Christo Lombaard se gesamentlike LitNet Akademies-artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport”. Froneman vertel van die verskeie teorieë wat oor massamedia ontwikkel het en watter van hierdie teorieë hy onderskraag. Ook bespreek hy hoe hy en Lombaard ondersoek ingestel het na die gebruik van geloofsuitsprake as koerantopskrifte en dat lesers se belangstelling moontlik juis as gevolg van sulke kontroversiële opskrifte meer geprikkel kan word.

Hy sluit af met inligting oor sy huidige navorsing.