Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Die Narsissus – wees bedag


Wees bedag op die Narsissus - 2011-12-07

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Die bieg- en hygliteratuur-kamers bied aan vele die geleentheid om dit/onderwerpe wat nie in ‘n allerdaagse gesprek bespreek of genoem word nie, met ander te deel.

Vir die betrokke persoon kan dit helend wees of net ‘n uitlaatklep vir frustrasie wat ander nie sal verstaan nie, maar tog deel van haar of sy daaglikse lewe is. Dit kan iets wees waaraan hy/sy swaar dra en om dit met iemand anders te deel wat ook soortgelyke ervarings gehad het en dan ten minste iemand se begrip daarvoor te ervaar. Dankie vir BiegNet / Hygliteratuur, dit beteken baie vir vele, al is ons anoniem.

Maar, dan bars iemand die vertrek binne en versteur die gesprek en vertroue/begrip wat binne so ‘n kring opgebou is ... en daardie persoon is die tipiese Narsissus … en dan verdwyn almal, te bang om verder hulle gedagtes uit te spreek of hul gevoelens te deel. Dit is ‘n jammerte, dus, wees bedag op die Narsissus.

Hy … kan ook ‘n sy wees (lees dus hy/sy) … is bombasties ... “Mr Perfect” and “Mr Knowall”. Hy neem die gesprekke oor … wil die middelpunt van die aandag wees … niemand weet beter as hy nie … en hy het die oplossing vir alles … maar binne in hom … is hy verward en ken homself nie. Hy kyk neer op almal en is “loud” en krities, krities en neerhalend veral op sy naaste … familie, vriende en medewerkers/ondergeskiktes. As hy by die deur inkom, word dit stil, mense hou op gesels want hulle is bang hy neem weer oor en weet beter.

Ook hier in BiegNet gebeur dit … daarom die stilte … wees bedag op die Narsissus, hy kan dit nie help nie en daar is nie terapie daarvoor beskikbaar nie … selfs die terapeut loop deur onder sy “terapie”.

Mag BiegNet weer wees soos dit was ...

Wees bedag op die Narsissus