Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die begin van ’n volmaakte ononderbroke genotsirkel


Ian Hendrix - 2011-12-01

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Aanvanklik was my privaatfantasie die idee om saam met ’n ander vrou te baljaar terwyl Linette toekyk – en later self deelneem. Een Sondagmiddag, toe ons asemhaling weer na baie genot normaliseer, vra Linette waaraan ek dink. En toe maak ek die fout van my lewe. Ek vertel vir my liewe Linette-vrou van my fantasie.

“En wat is ek veronderstel om te doen wanneer ek met jou en jou speelding saamspeel?”

“Ek weet nie ... Wat sal jy wil doen?”

“Mmmmm – vertel eers vir my hoe jou speelmaat lyk. Kom, wees ’n waaghals, Bernard.”

“Soos jy gebou. Vir gemak. Soepel en beweeglik. En nie skaam vir haar lyf nie. Met inisiatief ...”

Linette skuif na my nederdele, soen en streel waar dit saak maak voordat sy wydsbeen oor my kom sit.

“Inisiatief soos?”

“Ag sommer inisiatief – jy weet mos ek reageer ywerig wanneer jy soggens as ek op pad werk toe is, vatterig raak.”

“En?”

Ek is reeds styf genoeg om sonder hulp in te gly toe sy haar posisie verstel. Sy suig my stukkie vir stukkie in, en verhoog my jagsheid met doelgerigte knyp en laat gaan en weer ’n stukke insuig voordat sy weer knyp en laat gaan. Ek probeer haar vasgryp om beheer oor die lekkerte te kry, maar sy ontwyk my gretige hande behendig terwyl sy die knyp-aksies met meer intensiteit toepas.

“Kan jou fantasie-meisie haar mond gebruik?”

“Jip, sy toor met haar lippe en tong.”

“Tot hoe diep kan haar keel jou vat?”

“O jong, tot verby haar kleintongetjie.”

“En van agter af?”

“Weet nie ... Stadig met jou ryery! Hou dit daar ... net daar ... en knyp weer soos jy nou net gedoen het  ... Ja ... Jaaaaaaaaaa – ek spuit jou tot oorlopens toe vol!”

Linette ry my slapwordende genotpunt en gil haar eie genot voordat sy van my afrol.

Voordat ek weet wat gebeur, fluister sy: “Nie nou tyd vir koudlei nie. Jy vra vir inisiatief en aksie. Laat ek jou weer styf suig sodat jy my kleintongetjie kan opsoek.”

Die voordeurklokkie lui onverwags. Linette lig haar kop en kyk my vraend aan.

“Ek of jy,” vra sy asof ek ’n keuse het.

“OK, ek sal gaan oopmaak. Hou jou ’pose’ vir die volgende sessie.”

Toe ek die voordeur oopmaak, staan swaer en skoonsus voor my. Francine se ogies fokus op die punt waar my drafbroekie nie die knop verbloem nie. Sy pomp Gerrit in sy sy, neem sy hand, en trippel teen die trap op, waar sy soos ’n wafferse jonger sussie by haar ouer suster se slaapkamer inbars. Francine trek die laken van Linette af en raak terselfdertyd van haar eie klere ontslae. Gerrit laat nie op hom wag nie, en vir ’n oomblik wonder ek of hierdie erotiese vertoning vooraf beplan is.

Gerrit begin Linette se tepels soen en Francine gryp my handvatsel vas en dwing my op die bed, waarna sy my in haar mond neem. Dit voel asof sy met ’n Hoover of Electrolux meeding.

Linette praat eerste. “Bernard bid al die hele middag vir hierdie geleentheid. Game is on ... Gerrit, kan jy jou tong laer laat werk?”

Gerrit verander sy posisie na 69 en skuif Linette se bene verder oop.

Francine sit nou oor my gesig, en ek sabel haar lippies oop. Sy is so warm as kan kom, want die sappies drup vryelik.

Sugtend, hygend en stotend bereik ons binne die volgende paar minute die eerste van vele genotlike eindes. Soos klokslag verander albei pare weer posisie. Ek is nou bo, en Francine onder, met Gerrit onder Linette.

Die Kama Sutra sou anders gelyk het as ons gimnastiek ’n duisend jaar gelede beoefen was. Dit het van konvensioneel tot avontuurlustig tot onwaarskynlik tot uiters innoverend gevarieer. Van die supergroot dubbelbed het ons later op die woonvertrek se mat beland. Daar het ons ’n ononderbroke sirkel gevorm waar elke liggaamsopening benut en geniet is.

Nadat ons gestort het, vra ek dom: “Hoe het julle geweet om op daardie oomblik ons voordeurklokkie te lui?”

Die twee susters lag stout voordat Linette haar selfoon omhoog hou en antwoord: “My liewe jagse belustige onversadigbare Bernard. Ek lees jou soos ’n boek en het vroeër vanmiddag vir Francine ’n SMS gestuur waarin ek ’n paar voorstelle gemaak het. Ek vermoed mos al lankal wat in my suster en haar man se fantasie-fabriekies aangaan.”

Praat van inisiatief! Praat van avontuurlustig. Praat van ’n speelmaat wat kan, wil en sal!

Bowenal, praat van menige genotvolle Sondagmiddae, saamslaap-vakansies en nuwe avonture wat gevolg het waartydens nie net hare orent gestaan het nie.