Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Kommentaar op "Snert" deur Seesee


SEESEE - 2011-12-01

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ja, ja ET. Ag dêmmit, daar begin ek al weer met my stront. Jy het die regte voorletters en ek glo PMS ook boonop. Dis net 'n vroumens wat so kan kak en kerm soos jy nou doen. As "taalkundige” het dit jou nogals lank geneem om agter te kom dat ek so ‘n ou foutjie kon maak. Jy sien, dit is nou presies waarna ek verwys het. Jy kan nie rêrig 'n horing kry nie, dit vat jou maande om iemand se briefie te ontleed en dan so kort stukkie kak kommentaar te lewer dat ek eintlik wil kots van die lag. Toemaar, Enigste Tosser. Jy is die eerste en enigste een wat die "balls” het om my aan te vat. Die meeste van ons sogenaamde taalkundiges is sulke klein snotneuse soos jy wat net met die "uitgelese" groep Afrikaanssprekendes sal gesels.

Pasop net met wie jy soms kommunikeer, mater, en wat jy sê. Daar is menige vooraanstaande skrywers wat skryf soos die mense praat. Vat jy húlle aan? Nee. Jy het nie die "balls" daarvoor nie. Die werklike taalkundige is hy wat met enige mens kan gesels en geen kommentaar lewer nie. Hy kan hom inleef in 'n ander se wêreld en homself nie te hoog ag nie. Dis egter gewoonlik die "yuppies" en snotneuse wat hulle so ver verhewe bo ander stel en wag om te hoor en sien wat 'n ander verkeerd sê of skryf.

Dit is egter jou reg, net soos dit myne was om die kommentaar te skryf. Al wat ek wil sê, is dat jy moet seker wees wie jy aanvat, seunie. Jou vingertjies mag dalk brand.

Groetnis en lekker kerm, gehoor boetietjie?

SEESEE