Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos

Fotoblad: Die geheim van Slangfontein word bekendgestel


Alwyn van Zyl - 2011-11-30

Die geheim van Slangfontein is ’n musiek-fliek met Rian Malan en die Radio Kalahari Orkes. Die DVD is verlede week by die Daddy Long Legs Hotel in Kaapstad bekendgestel.

Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari om hom oor te gee aan die stilte, maar hy word onverhoeds bekendgestel aan Radio Kalahari met RKO agter die mikrofoon – ’n radiostasie wat hom laat soek na die geheim van Slangfontein.

In episode 2 vertrek Rian en RKO na Oppikoppi 2010 vir hulle optrede daar, onder andere saam met gaskunstenaar Jack Parow. Ander bekendes, soos Valiant Swart en Chris Chameleon, is ook te sien.

Naas die film bevat die DVD ook ses bonus-musiekvideo's.

Tune in.


Rian Malan stel die DVD aan die uitgelese gehoor voor.
Vasgenael ...
Albert du Plessis van Rhythm Records, Rian Malan en Lloyd Ross, regisseur van die film
Riku Lätti wens die span geluk.

Foto's: Alwyn van Zyl



Stilgrepe uit die film Die geheim van Slangfontein
’n Intieme oomblik tussen dié wat reeds gesterf het.
"Hallo baybee, voor ek jou oopmond soen, sê vir my, kan jy braaibroodjies maak?"
"Ja, pomp hom jong! Nou gaan jy lekker spiere opbou!" Wynand stook die ketel vir mampoer.
"Kyk hoe styg die vlamme, hoe warm brand die vuur – my hart klop stukkend, bokkie, hoeveel moet ’n man verduur?"
"Staan by my, my bra"  Ian Roberts, Rian Malan en Chris Chameleon kombineer hul stemme.
Die lede van die Radio Kalahari Orkes besig met ’n lewende uitsending
Die mat wat Melanie gehekel het in "Die Slag van Niemandsville"
Rian "Rooi Jan" Malan op soek na die misterieuse Slangfontein
Rian Malan besef dat die klanke van die RKO die binneboer in hom wakker maak.
Tydens ’n konsert by Oppikoppi verskyn Jack Parow op die verhoog tydens "Blaas jou vuvuzela".
Valiant Swart tree via telefoon saam met die RKO op en sing "Jolie Marie".

Die geheim van Slangfontein-lokprent
Wen!
Stuur jou naam en posadres aan wen@litnet.co.za en staan ’n kans om Die geheim van Slangfontein se DVD te wen! Gebruik die woord SLANGFONTEIN in die titel.