Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Kennisgewings | Notices

Naakfigure en ander huishoudelike moleste


2011-11-30

’n Uitstalling van skilderye deur Leon Fourie en beeldhouwerke deur Ruhan Janse van Vuuren
Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria
Galery-ure: Dinsdag tot Vrydag:  09:00 tot 18:00, Saterdag:  09:00 tot 14:00

Leon Fourie en Ruhan Janse van Vuuren
se uitstalling van naakfigure en ander huishoudelike moleste, kom op die regte tyd met ons warm somersdae en almal se begeerte om van te veel klere ontslae te raak en om emosioneel meer toeganklik te word.  Hul  tegnies-vaardige en aanskoulike kunswerke komplimenteer mekaar met gestileerde  elegansie. In die werke is daar wel klassieke elemente sonder om die onderliggende simboliek van ons huidige lewenstyle te misken.  Sodoende word ’n eietydse boodskap oorgedra.  Die twee kunstenaars se uitbeeldings van die naakfiguur het ’n werklikheidsinslag wat kykers uitlok om voyeurs te word en om uit hul gemaklike posisies, dinge soos lyflikheid en sterflikheid, te bedink.

Die uitstalling word deur Johan Myburg, kunsredakteur van BEELD, geopen op Vrydag 25 November 2011 om 18:30 vir 19:00 en kan besigtig word tot 14 Desember  2011. Op Saterdag 3 Desember 2011 om 11:00 sal Leon Fourie ’n rondleiding in die galery aanbied.

Tel:  012 346 3100
artspta@mweb.co.za
www.artsassociationpta.co.za