Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos

Oewerbestaan se herdruk in Johannesburg gevier


Melt Myburgh - 2011-11-29

Untitled Document

Die tweede oplaag van Melt Myburgh se Oewerbestaan, vroeër vanjaar bekroon met die Ingrid Jonker-prys, is in November in Johannesburg gevier met ’n partytjie wat deur Myburgh se vriende gehou is. René Bohnen was onder die 80 gaste en het foto’s geneem. Die gasvrou was Alma Kennedy.

Arn en Natasja de Lange
Manda Reyneke Daar is weggelê aan lekkernye uit die boonste rakke.
Die Johannesburgers het soos Kapenaars aan die drink geraak en ’n tweede besending drank moes deur die loop van die aand ingeskeep word.
’n Gedeelte van die partytjiegangers
Piet Croucamp het gaste verwelkom.
Nadia de Kock in pers en Corlia Fourie in swart
Alma Kennedy, die gasvrou, saam met die digter
Charl Cornelissen en Kleinboer Harry Kalmer
Melt saam met Riaan Basson, sy eertydse Afrikaans-onderwyser, Alma Kennedy en Piet Croucamp
Melt saam met Tina Fela en Cacilda Tieties
Melt en Mellet Moll
Saam met UJ-studente vir wie Oewerbestaan vanjaar voorgeskryf was: Nerissa Olivier, Isabeau Loubscher, Chantal Kaschuski en Chanelle Gouws
Albert Vorster en Annegret Otto in gesprek
Petrus du Toit en Jako Voges


Foto's: René Bohnen