Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd


2011-11-29

Untitled Document

Inskrywings vir die NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd het amptelik op 1 November 2011 gesluit.

Met ’n eerste prys van R200 000 is dit die grootste Afrikaanse literêre prys in die land. Die tweede prys is R70 000, die derde prys R40 000 en die debuutprys R40 000. Daar is 129 inskrywings ontvang, onder meer verskeie manuskripte van die voorste Suid-Afrikaanse skrywers, asook ’n aantal opwindende nuwe stemme. Met die Tafelberg Romanwedstryd (soos dit voorheen bekendgestaan het) in 2009 is ’n totaal van 105 inskrywings ontvang. Deelnemers kon hierdie jaar aandui by watter van NB-Uitgewers se drukname hulle graag wil publiseer: Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela of Queillerie. Die wenners word op Maandagaand 12 Maart 2012 by ’n private funksie by The Bay Hotel in Kampsbaai aangekondig.

Vir media-navrae, kontak gerus vir Eben Pienaar by eben@nb.co.za of 021 406 3450.