Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Rocky


Grootsnoek - 2011-11-29

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Die trein kom met ’n ruk tot stilstand. Dis halfnege op ’n Woensdagoggend op Jeppe-stasie in Johannesburg. Rocky is moeg en het min geslaap, ten spyte van die lang ure op die trein. Sy kop maal. Hy gryp sy balsak en groet die kondukteur. “Mooi loop, Troep. Kyk na jouself.” Rocky probeer smile, en lig net sy hand in ’n halfhartige wuif. “Cheers,” is al wat hy uitkry.

Hy begin stap af in Mainstraat. Hy herken die klanke en die reuke. Hy was twee jaar laas by die huis. Hy stap in by Silvo’s Café in Highgatestraat. Jose sien hom, en groet hartlik. “Howzit Boertjie! Jissis, haven’t seen you in ages. Are you on pass, or what?”

Rocky en sy Porra-skoolpel Jose ken mekaar al van kleins af. “Nee, net so ’n paar dae. Moet goeters kom afhandel met my pa se boedel.” Rocky wil nie praat oor Wouter nie, en lieg maar ’n ander storie. Die herinneringe aan die warm, donker bloed en die lewelose liggaam langs hom is nie iets waaroor hy nou wil praat nie. “Moenie my ma vertel nie, ek wil haar surprise.”

“OK, my cuzzie. You want something to eat?” Sonder om te wag vir ’n antwoord skree Jose ’n takeaway-bestelling deur die gat in die muur na die kombuis.

“Waar is Mona?”

“Aah! You bastard! Still have the hots for my little sis? Don’t hurt her, I’ll bend your face.” Jose se gewone kakpraat oor sy suster. “She’s working as a waitress in the Carlton Hotel, I’ll explain how to get to her new flat”.

Rocky vat die vis en chips, en die soutsmaak brand sy lippe.

“Take care, Boertjie. Pop in tomorrow, and tell me all the stories from the Border.”

“Cheers Porra, dankie vir die kos.” As jy maar net weet, dink Rocky.

Mona maak die deur oop na ’n lang kloppery. Sy sien hom, en is onmiddellik opgewonde. “Rocky! Rocky! Wat maak jy hier? Kom jy huis toe? Kom in!” Dis duidelik dat sy nog geslaap het, maar sy is nou wawyd wakker. Sy dra ’n soort groot T-shirt, soos ’n nightie. Lyk nie of sy ’n broek of iets onder aan het nie.

Rocky het nog nie ’n woord gesê nie. Hy smile, en kyk haar stip aan. “Jy lyk mooi. Ek het ’n paar keer geskryf, maar na die ander adres gestuur. Jy het dit seker nie gekry nie.”

Sy is besig met koffie en toast, en antwoord hom nie. “Is jy nou klaar met die grens en die army?”

“Nee, ek klaar eers November uit. Moet goed kom afhandel van my pa se boedel.” Hy lieg nou sonder skroom. Hy wil haar vertel van Wouter en hoe die terrs die helfte van sy kop weggeskiet het. En hoe hy sy liggaam moes wegsleep uit die spervuur. Hy was fokken swaar en die reuk van buskruit sal hy nooit vergeet nie. Dit was ’n lang nag.

Rocky kyk uit by die woonstel se venster. Ses vloere op is nie juis grand nie, maar die view is mooi. “Jy het ’n lekker plek.”

“Dankie.” Sy sit op die bank en kyk na hom. Haar high school sweetheart. Rocky die Boertjie wat almal op skool gebliksem het. Die hardegat outjie met die ligbruin hare en die groen oë. Hy chaff haar al van graad agt af. Sy is bly om hom te sien. “Hoe lank is jy hier?”

“So ’n paar dae. Wil jy bietjie gaan jol Vrydagaand? Ek sal my ma se Big Six leen, dan ry ons bietjie Hillbrow toe.”

Sy lag. “Ja! Dit sal lekker wees. Ek sien sommer uit!”

Hy kyk na haar, en smile. “Kan ek gou shower? Ek was lank op die trein.”

Sy wys hom die badkamer en gee hom ’n droë handdoek. Hy gaan stort en sy sit ’n tape in haar nuwe hi-fi. Bonnie Tyler.

Hy kom uit die stort met net ’n onderbroek aan. Sy het hom nog nooit kaal gesien nie. Hy kom staan reg voor haar, en sy sien hy het ’n ereksie. Sy weet nie hoe om te reageer nie, maar sy kan nie haar oë van sy harde penis onder die onderbroek weghou nie. “En nou, Rocky?” Haar stem is bewerig. Hy reik sy hand uit en trek haar op haar voete. Hulle gesigte is baie naby mekaar, en sy kan voel hoe sy ereksie teen haar maag druk. Hy begin haar liggies soen, eers op haar wange en voorkop. Sy hande beweeg ongemaklik, ongewoon oor haar lyf. “Rocky …,” is al wat sy uitkry. Hy beweeg vinniger en met meer oorgawe, en sy vryf haar hande oor sy kort hare. Sy vreemde hande voel oor haar jong lyf, en hy lig die T-hemp oor haar kop. Sy snak na haar asem, en weet wat kom. En sy weet ook sy kan dit nie keer nie. Haar jong borste is ferm en die donker nippels begin verhard. Rocky vryf en soen onbehendig aan hulle, maar Mona gee nie om nie.

Sy vat sy hand en lei hom kamer toe. Rocky volg haar en die gesig van Mona in net ’n wit pantie maak hom baie jags. Sy het ’n blas vel en donker hare. Sy gaan lê op die bed, en Rocky trek sy onderbroek uit. Sy harde penis spring orent. “Rocky, Rocky …” Sy slaan oor na Engels. Sy prewel. “I want you.” Rocky sak op sy knieë bo-oor haar en begin haar maag soen. Sy hande speel oor haar nippels en af tot by die pantie se rek. Hy ruik Mona se seks. Haar hande vryf oor sy kop, en sy druk hom af na haar geslag. Sy wil hom hê en binne haar voel. Rocky gly sy hand oor haar heuwel, en sy kreun. “Ahh, Rocky. I want you.” Hy vryf weer oor die heuwel, en druk dié keer fermer in die gleuf. Mona kan nie meer hou nie, en trek self haar pantie uit. Rocky vryf deur die bossie haartjies en voel die nat, slymerige gleuf. Mona knyp hom vas met haar knieë. Hy gly sy vingers stadig op en af deur die gleuf, en terg haar by die opening van haar dosie. Sy val terug met haar kop teen die kussing, haar oë toe. “Rocky, Rocky … fuck me,” fluister Mona. Sy penis is kliphard en klop in sy hand. Hy gaan lê op Mona, en in een stadige beweging stoot hy sy penis tot diep binne haar. Sy gryp hom agter sy kop, en hyg in sy ore. Hy pomp stadig en diep. Sy is nat en glad en tight. Haar jong dosie is styf om sy harde penis.

“Mona. Ek het jou gemis.” Sy beweeg saam met hom en hulle begin in een ritme beweeg. Haar lyf is sag en koel in sy hande. Hy soen haar borste. Sy vou haar bene om sy boude en stamp hom vinniger in haar in. Sy wil hom voel en vasknyp en hoor en proe. Die ritme begin haar oorweldig, asof sy op ’n golf ry en begin beheer verloor. Haar onderlyf begin tussen die ritme kleiner golwe maak, soos pulse wat onwillekeurig deur haar spoel. Die pulse word meer intens en begin versnel. Dis asof haar onderlyf op sy eie begin ruk en pluk. Intussen het Rocky begin versnel. Sy voel hoe hy verder uittrek en harder instamp. Sy asem jaag en sy rug is natgesweet. En dan, asof ’n wal breek, begin sy intense pulse voel ruk deur haar lyf. Elke spier, insluitend haar anus, trek meteens saam. ’n Hemelse spasma spoel oor haar, en ruk haar onbeheerst. Rocky stamp nog harder en dringender. Sy gesig begin trek, en sy voel hoe sy lyf saamtrek. Hy kreun soos ’n dier wat innige pyn ervaar. Met een harde stamp skiet hy sy sperm diep in Mona in. Hy ruk-ruk nog so twee keer, en lê dan stil. Sy hou hom vas. Haar Rocky. Sy streel oor sy rug.

Hy rol later af en gaan badkamer toe. Hy kom uit met sy klere aan. Rocky is ongemaklik, hy wil nie hier wees nie. Mona sien dit, en is bekommerd. “Rocky, wat’s fout? Moenie worry oor Jose nie, ek sal niks sê nie. Dis OK.”

Rocky kyk af vloer toe. Hy wil bly, maar hy moet gaan. Iets jaag hom. “Rocky, asseblief, bly bietjie. Ek is af vanaand. Ons kan die heeldag hier bly.”

“Ek moet gaan, Mona. My ma weet nie ek’s hier nie.” Hy kry haar nommer, en maak beloftes vir Vrydagaand. “Ek kry jou agtuur hier buite.”

Mona huil toe hy weg is. Sy voel iets is nie reg nie. Sy ken hom nie so nie. Nie so intens nie.

Hy gooi 50 sent in die tiekieboks. ’n Telefoon in Roodepoort lui. “Hallo, Gerda Malan wat praat.”

Hy haal diep asem. “Dis Willem Gerber.”

Die stem begin huil. “Is jy … is jy Rocky?”

“Ja.”

“Ek hoop ons kan jou ontmoet. Wouter het so baie van jou gepraat.”

“Ek kom begrafnis toe. Ons bevelvoerder het my ’n pas gegee.” Rocky ruk en bewe. Dit voel of iemand anders met sy mond praat. Hy weet nie wat om te sê nie. Maar daar kom woorde uit. Hy sit die telefoon terug op die mik en draai om. Die oggendson is warm en die karre raas in die strate. Sy kop is dof en hy wil hier fokkof.

Hy gaan sny sy hare by Leon se plek. Borselkop, asof hy iets wil afwas, wegsny, uitsny. Hy bel sy ma. “Dis Willem, Ma, ek is by die stasie. Ja, op ’n kort pas. Sal Ma alles vertel as ek netnou by die huis is. Ja, pampoen sal lekker wees.” Sy ma huil, soos elke keer as sy sy stem hoor. As ek maar net ook kan begin huil, dink hy, en begin stap na Scottstraat 13.