Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Aan Koue lyf warm hart


A van Gauteng - 2011-11-25

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek sit aan die anderkant. Sy is ook gewoonlik moeg (het darem nog nie die hoofpyn-verskoning gebruik nie), het ’n liespyn, of sooibrand.

Dan sit ek met al my opgehoopte manlikheid, onbevredig, en begin ek dink ... En dan droom ek ... Jy kom na my aangestap, so ewe casual met jou nagjurkie so effe vasgeknoop, jou een been wat so deur die gleuf beur, jou pragtige kuit wat my aandag trek. Net vir ’n oomblik, want dan kyk ek na jou nippels wat so trots teen die sagte jurkie druk. En dan lig jy jou arms na my toe en die gordel kom los en val oop en ek loop in jou vas en ek hou jou vas. Jou mondjie is oop en sag en warm en jou tongetjie nuuskierig. My manlikheid is terug. Jy sien my as ’n man, jy hou my vas soos net ’n vrou dit kan doen. My hand gaan onder die jurk om jou lyf en ek voel die sagtheid van jou rug en ek voel jou oop borsies teen my bors. My hand druk jou kaal sagte boudjie teen my en my onderlyf en begin voel soos ’n tsoenami. My asemhaling is swaar en ek kan nie glo wat hier gebeur nie. Ek wil jou lyfie in myne indruk en jy smelt saam.

En dan skud sy aan my en sê: "Is jy OK? Jy haal so swaar asem." Ek draai om sodat sy nie my meneer raaksien nie en mompel: "Ja dankie, seker net gedroom."

En ek bly dink aan jou.

A van Gauteng