Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Saterdagaand


A van Gauteng - 2011-11-25

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek moet bieg, bely, ek is soooooooooooooooo lus vir 'n stukkie vanaand. As ek nou net vanaand vir Mej Meerkaatjie of Ommesteek van Hygnet gehad het, het ons mekaar nou volledig aangevul.

Die huidige: Voor ek by “foreplay” kan begin, word ek afgesit met: "Waarom het jy my nie geantwoord nie? Die drein is verstop. Het jy gesien hoe lyk die swembad? Die bure kla oor die hond se geblaf. Ek het vanaand so 'n eienaardige pyn in my lies."

Is dit moontlik dat ek met 'n “vreemde” meisie sonder enige eise op mekaar kan gesels, mekaar waardeer as iemand aantrekliks van die teenoorgestelde geslag, kan sê hoe en wat ek voel sonder om te verduidelik of te verdedig? En dan onbevange, sonder commitments, mekaar se privaatheid kan binnedring – no strings attached –mekaar se fisiekheid geniet?

Ek het my behoefte as “Transvaler" op “Vrynet” uitgestort, maar ek weet nie of dit sal werk nie. Ek soek nie 'n lewensmaat, 'n sielsgenoot, nie. Net 'n volwasse intelligente maatjie met wie ek kan gesels en haar waardeer as 'n vrou sonder die bagasie van 'n verhouding.

Ek weet vrouens soek uit die aard van hul rol op aarde na 'n verhouding, na sekuriteit. Geen fout daarmee nie. Maar daar moet vrouens daar buite wees wat net soek na koestering, 'n vashou, waardering, liefkosing, gee van hulself sonder die beslommernis en trauma van huwelikskonflik – net 'n uiting en bevrediging van onvervulde behoeftes.
En 'n man wil nou nie noodwendig sy vrou met wie hy in alle ander opsigte mekaar aanvul, los nie. Net so 'n knippie wat dalk, net soos hier bo, 'n meisie se behoefte vervul: haar bedien en soos 'n vroutjie laat voel, aan al haar fisiese behoeftes voldoen voor hy aan himself dink. Ek kan nie dink hoe anders daar bevrediging kan wees nie.
Ek kon nog nooit aan die slaap raak as ek nie gedink het die ander een het die beste van die aand gehad nie.

A van Gauteng