Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists

My wenslysie: Naomi Meyer


Naomi Meyer - 2011-11-24

Exclusive Books se Wishlist 2011 het LitNet se personeel geïnspireer om ook wenslysies op te stel vir weggeegoed hierdie Kersfees. Hier is die boeke van die Exclusive Books Wishlist wat Naomi Meyer vir haar geliefdes op ’n wenslysie wil sit.


Naomi Meyer
Inhoudsbestuurder

Reuben cooks local deur Reuben Riffel

Vir my man, sodat hy kan lees van ’n ander Suid-Afrikaanse man, behalwe hyself, wat ook lekker kos kan kook.


Opinion Pieces by South African Thought Leaders, saamgestel deur Max du Preez

Vir my Ierse vriendin Lorraine, wat altyd van daar ver anderkant op die groen eiland Suid-Afrika se toestand sit en uitpluis.

The Art Museum  (uitgegee deur Phaidon)
Vir my én my man, want die boek is darem goedkoper as om vanjaar in Bilbao by die kunsmuseum te probeer uitkom.

Again! deur Emily Gravett
Vir my jonge ridder, Johannes, wat soms van trappe aftuimel in sy poging om drake te beveg.


Mother Goose's Nursery Rhymes
Vir die kleinste donskuiken in my lewe, Maja Meyer, om haar meer woorde te leer sê as “baba”.



Back to our Wishlist page | Terug na ons Wishlist-bladsy.