Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists

Dana Snyman oor David Kramer


Dana Snyman - 2011-11-23

Dana Snyman

My gunsteling van David is ... 

... die song “Chrisjan Swart”. Dis meer as net ’n song – dis ’n klein, Carver-agtige kortverhaal. Dit kom van die plaat Bakgat af. Ek onthou die presiese oomblik in 1981 – of was dit in '82? – toe ek dit die eerste keer gehoor het. Ek was op Skeerpoort naby die Hartbeespoortdam, en dit was ’n baie warm dag.

My boodskap aan David is ...



Ek glo nie daar is enige Suid-Afrikaanse kunstenaar, skrywers ingesluit, wat so ’n "stem" aan die eenkantmense van die land gee as David Kramer nie. Vir my is hy die John Steinbeck van Suid-Afrikaanse musiek.