Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists

Les Javan oor David Kramer


Les Javan - 2011-11-23

Les Javan

My gunsteling van David is ... 

... die liedjie "Botteltjie Blou"

My boodskap aan David is ...



Ek was druk besig om klassieke kitaar te studeer en het my klaargemaak om die John Williams van Suid-Afrika te raak, maar toe een aand hoor ek ’n liedjie oor die radio wat my pa in die kombuis mee gekuier het terwyl hy en ’n paar pelle ’n dop geniet het. Hulle het so tussendeur saam probeer sing, maar ai tog. Drank laat gewoonlik die stembande in die steek en veral om skerp draaie. Ek het ’n tydjie daarna weer die liedjie gehoor. Dit het my aangespreek en die daaropvolgende liedjies van die skrywer-musikant het my laat skryf en kitaar speel soos ek nie geleer was nie. Ek het die klassieke studies voltooi; immers ek studeer nog, en vandag skryf en speel ek self op my manier Afrikaans en ander liedjies. Een van die grootste oomblikke in my lewe was toe die einste David Kramer my gevra het: "Les, ons moet eintlik nog iets saam doen."

Dankie, David, vir wat jy beteken vir ons land en sy mense, en dankie dat jy my geïnspireer het om nie John Williams nie, maar net myself te wees.