Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual

Robinson Regstreeks: Internasionale bindende klimaatsooreenkoms


2011-11-22

Untitled Document Robinson Regstreeks 
Sondagaand 27 November
19:30–20:00 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19:30

Aardverwarming, klimaatsveranderings en natuurrampe is kwessies wat wêreldwyd ’n impak het. Die Kioto-protokol waartoe ontwikkelende lande hulself verbind het om uitlaatgasse te verminder, verval in 2012 en ’n nuwe ooreenkoms moet verseker dat lande hieroor tot ’n vergelyk kom.

Die debat is oor volhoubaarheid, en die groot vraag is die regte balans tussen ekonomiese groei, sosiale kwessies en die omgewing. Die enigste manier waarop hierdie proses sukses kan behaal, is deur ’n internasionale bindende klimaatsooreenkoms.

Op die vooraand van die klimaatberaad in Durban praat ons met ’n rolspeler van mynwese en ’n omgewingskenner oor ’n middeweg vir botsende belange.

Sluit by ons aan.