Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Wat die maand van vol is loop die snor van oor


Bibi Slippers - 2011-11-17

Die week in woorde

Een van die eerste regte groot woorde wat ek op hoërskool geleer het was jukstaposisie – ek weet nie meer of dit in die kunsklas of in die Afrikaans-klas was nie. Jukstaposisie is 'n heerlike woord wat wonderlike kreatiewe moontlikhede inhou – of dit nou visueel of in woorde is. Jukstaposisie is ook die enigste verklaring/verskoning wat mens sou kon gebruik wanneer jy snorre en skryfkuns by mekaar wil uitbring.

November, agter die volksnor en in die volksmond bekend as Movember, is bloeityd vir snorre. Die verskoning is om mans wêreldwyd bewus te maak van hul gesondheid, en om veral aandag te vestig op prostaatkanker en ander kankers wat mans affekteer. Die movember-webwerf het meer inligting.

Die outomatiese jukstaposisie gebeur wanneer 'n mens in die maand Movember 'n rubriek moet skryf oor die digkuns. Die twee uiteenlopende temas het my op 'n soektog geneem na gedigte oor snorre. Soek en jy sal vind, sê hulle, en sowaar, nie net 'n gedig oor snorre nie, 'n hele bundel toegewy aan een man se snor: Peter Davis, 'n Amerikaanse digter, van wie die debuutbundel Hitler’s Mustache in 2006 verskyn. Hier onder is een van die gedigte uit die bundel:

Hitler’s Mustache: The Confession
Peter Davis

I feel like a bad mustache a lot of the time. With no friends, and for good reason, greedy and mean and not worth the time. I recognize this sensation often as the symptom of mental mustache but more often as the truth. Who knows about masks? Not me. I’m moving at the speed of light and the occurrence of seeing light gets mustache, etc. I want to tell something about myself, but, mustache.
         And of course you’ll consider me rude and histrionic and mustache, but it’s the truth. For a whole lifetime a person is a human. A person is a person whether they know it or not. And if they do, if they feel as if they have a chance, even Superman can’t see through lead. So they might find it, snuggled as if children under flannel sheets, huddling and gaining strength, jumping out from closed closet doors and yelling “Boo!” It may remind them of their own children or of mustaches they can’t put in their cranium and lull to sleep. The whole time becoming blacker and more like a doorway or trapdoor, removing doubt about devout thoughts. There is a mustache. There is one and we all know it. Call it a black, square magnet, or a black square mustache—still this chalkboard is full of chalk. Some mustache has stood in front of this room for a long time with the back of his shirt un-tucked and sweat in his armpits, jotting some mustache code.

Lees nog gedigte uit die bundel hier of besoek Davis se blog hier.

Hitler se tandeborselsnor kan nie kers vashou by Salvador Dali se surrealistiese bloeiselsnor nie. Die snor was seker nie die direkte inspirasie agter David Gascoyne se gedig oor Dali nie, maar dit mag dalk wel 'n rol gespeel het. Dus die onderstaande jukstaposisie van snorbeeld en digterlike verbeelding.

Salvador Dali
David Gascoyne

                     

The face of the precipice is black with lovers;
The sun above them is a bag of nails; the spring’ns
First rivers hide among their hair.
Goliath plunges his hand into the poisoned well
And bows his head and feels my feet walk through his brain.
The children chasing butterflies turn round and see him there
With his hand in the well and my body growing from his head,
And are afraid. They drop their nets and walk into the wall like smoke.

The smooth plain with its mirrors listens to the cliff
Like a basilisk eating flowers.
And the children, lost in the shadows of the catacombs,
Call to the mirrors for help:
’nStrong-bow of salt, cutlass of memory,
Write on my map the name of every river.’n

A flock of banners fight their way through the telescoped forest
And fly away like birds towards the sound of roasting meat.
Sand falls into the boiling rivers through the telescopes’n mouths
And forms clear drops of acid with petals of whirling flame.
Heraldic animals wade through the asphyxia of planets,
Butterflies burst from their skins and grow long tongues like plants,
The plants play games with a suit of mail like a cloud.

Mirrors write Goliath’ns name upon my forehead,
While the children are killed in the smoke of the catacombs
And lovers float down from the cliffs like rain.

Hoewel ons die snor hier ter lande nie tot sulke blomryke uiterstes voer nie, is ons nie skaam vir 'n snor of wat nie, ook nie in die letterkunde nie. Kyk byvoorbeeld hierdie stylvolle stel skrywerssnorre wat 'n vinnige soektog op Google opgelewer het.

Peter Blum, Daniel Hugo, Breyten Breytenbach en CJ Langenhoven verteenwoordig die snor in verskillende eras.

Dit bring my by die dames in die digkuns ... Geen rede waarom ons terug moet sit en die pret op 'n afstand bewonder nie. Gryp die geleentheid om te emansipeer, te jukstaponeer of om sommer net die gek te skeer!

Hier is drie van my gunsteling digtende dames met snorre (deur my aangebring).

Antjie Krog

Anne Carson
Anne Sexton

En net om te wys dat ek self nie skrik vir 'n harige bolip nie, 'n selfportret met snor.



As jy jou wil verkneukel met heerlike snor-jukstaposisies, knock yourself out met hierdie DIY-snor. 

Wen!

Sonja Loots se roman Sirkusboere, met sy welige blink snor op die voorblad, soek 'n huis. Laat weet my watter Suid-Afrikaanse gedig volgens jou kan doen met 'n snor in die titel. 'n Paar voorbeelde, ter inspirasie en illustrasie:

Wat die hart van vol is loop die snor van oor – Breyten Breytenbach

Vroegsnor – NP Van Wyk Louw

Ballade van die snorland – DJ Opperman

Emily Dickinson (se snor) – Elisabeth Eybers

Stuur jou voorstel aan wen@litnet.co.za, met SNOR in die onderwerp-veld.

Verlede week se wenners


In die gees van die toevalligheid wat ek verlede week besing het, is die wenner van Die voëltjies se ABC Ilna Stander. Die gegewe wat haar laat uitstyg het bo die ander deelnemers, is nie soseer haar gekose voël nie (maraboe), maar die feit dat sy in Kraaifontein woon. Ilna, jou boek is op pad, per posduif.


Nuwe skryfwerk op LitNet


Jaco Barnard-Naudé het ’n voëlgedig ingestuur na aanleiding van verlede week se voëlrelaas:
Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s
Jaco Barnard-Naudé

Hier is ’n haikoe wat weggehol het met Waldemar Gouws:
weghol haikoe

Waldemar Gouws

Tot volgende week. 
Bibi