Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Vlieger – Unplugged gooi weer ’n Wes-Kaapse draai


2011-11-17

Untitled Document

Ben Kruger as Vlieger Bothma

Ben Kruger is Vlieger Bothma, die skoolseun wat besig is om seks, Leonard Cohen en ander wonderwerke te ontdek.

Om kind en tiener te wees in die 1970’s in wit Suid-Afrika se voorstede was meer ingewikkeld as wat mense deesdae besef.

En Vlieger Bothma se lewe was ingewikkelder as die meeste van sy tydgenote. Nie net is hy op elfjarige leeftyd deur die Blou Trein tot op die koerantvoorblaaie gestamp nie. Op 17 het hy verlief geraak op ’n Portugese Katolieke meisie en op 18 is hy gestuur om te gaan veg in ’n land waar die mense ook Portugees praat.

Geïnspireer deur Harry Kalmer se gewilde Rapport kortverhale oor grootword in die 1970’s voer Vlieger-Unplugged  oud en jonk na ’n tyd van tongsoene by garagepaarties en boyfriends op die grens. Dis nostalgie sonder sentimentaliteit – en ’n terugblik na ’n tyd van amper-onskuld. Vlieger Unplugged  kom maak weer ’n draai in die Wes- Kaap en word volgende week by die volgende plekke opgevoer.

  • 22 Nov: Dorpstraat teater, Stellenbosch 072 73 55 696.
  • 23 Nov: Weskusplek, Jacobsbaai  (022) 715 3333
  • 24 Nov: Die Bordienghuis, Wellington (021) 873 2786
  • 25 Nov: Saronsbergteater, Tulbagh  (023) 2301782
  • 26  November Somerset West End Teater (021) 858-1877