Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Woonstelmaats


Sonja - 2011-11-16

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


 
Ek en Anneke ken mekaar sedert skooldae. Sewe jaar na matriek het ons al twee graad gevang en by ’n hospitaal in Kaapstad begin praktiseer. Ons het ’n woonstel in Noordhoek gekoop en gedeel. Toe die buurwoonstel beskikbaar raak, het ons besluit om dit as ’n belegging te koop – in vennootskap. Die plan was dat die huurinkomste die verbandpaaiement sou betaal.

Die advertensie in Die Burger het binne drie dae vir meer as ’n dosyn navrae gesorg. Luigi het gebel, die adres gevra, en wou weet wanneer hy kan kom kyk. Die afspraak is bevestig, en Anneke het gespot dat die man se stem hom reeds as geskikte huurder kwalifiseer.

Toe Luigi die interkom-klokke lui, het ek en Anneke soos bakvissies op die videoskermpie geloer om te sien hoe die “man agter die stem” lyk. Wat ons gesien het, het by die beskrywing wat Anneke aan die stem gegee het, gepas. “Lorna, hy móét lank, donker en bleddie aantreklik wees. Nee, nie net sommer aantreklik nie – verleidelik begeerlik sexy aantreklik!”

Luigi was die seun van Italiaanse immigrante en het by die plaaslike TV-ateljees as kameraman gewerk. Hy was lank, hy was lenig. En Anneke was reg: Luigi was verleidelik begeerlik sexy aantreklik.

Toe hy twee weke later op ’n Woensdag intrek, het ons ge-oe!! En ge-aaa!! En ge-wow!! Die meubels het van goeie smaak getuig, en die spierwit vleuelklavier was die kersie op die koek, want ek en Anneke was albei closet-konsertpianiste wat maar tevrede moes wees om daardie liefde op ’n elektroniese klawerbord aan die lewe te hou.

Vrydagaand wag ’n koevert ons in toe ons tuis kom. Dit bevat ’n handgeskrewe uitnodiging aan Anneke en Lorna om Saterdagaand saam met Luigi sy buurmanstatus te vier. Om 8.30 by die buurwoonstel. Drag: Gemaklik en informeel. Moet niks saambring nie, dankie. Luigi sal vir kos sorg!

Toe ons om 8.25 die interkomknoppie druk, klink musiek oor die luidspreker voordat Luigi se stem ons binnenooi. Die voordeur word oopgemaak, en die heerlike geure van egte Italiaanse kos begroet ons.

“Welkom – maak julle tuis. Sjerrie?” Luigi verdwyn in die eetvertrek en kom minute later met ’n skinkbord, vier sjerrieglase en twee verskillende sjerries te voorskyn. Hy beduie na die vierde glasie: “Vincenzo is net besig om die laaste etceteras vir die sous te meng.”

Ek en Anneke kyk mekaar onderlangs aan en hoop al twee Luigi lees nie ons onuitgesproke vermoede nie. Hoe anders kan dit wees? ’n Aantreklike man, kunssinnig en ’n ware heer. En Vincenzo meng die laaste bestanddele van die sous? Hierdie mooi sexy buurman speel sowaar vir die ander span!

Voordat ons gedagtes verder kan spook, verskyn ’n tweede verleidelike begeerlike sexy aantreklike man uit die kombuis.

Anneke lyk asof sy ’n spook sien, want die tweede man is die identiese ewebeeld van ons huurder.

“Vincenzo, ontmoet ons gaste, Lorna en Anneke. Anneke, Lorna ... Vincenzo ... my tweelingbroer. Die eerste gereg sal oor sowat twintig minute gereed wees. Ontspan terwyl die Tweeling Capri julle vermaak.”

Die volgende twintig minute luister ons na Luigi en Vincenzo wat ons met klavier en stem na ’n tipiese Italiaanse straatkafee ontvoer. Solosang, Napolitaanse liedjies, klavier, opera, speelse geterg deur die twee mans, wat beurtelings begelei en sing.

Die disse was uit die boonste rakke. Dit blyk dat Mamma Capri die tipiese uithalerkok is wat haar tweelingseuns goed grootgemaak het. Die geselskap het eweneens gevlot, en na die likeurs en koffie het ons in die sitkamer gaan gesels: Anneke en Luigi op die een bank, en ek en Vincenzo op die ander een. Die ligte was verdof, en die effek van meer as een bottel keurwyn en etlike glasies sjerrie voor die ete, en likeur saam met die heerlike eg Italiaanse koffie, het tot ’n uiters ontspanne atmosfeer bygedra. Die meesleurende dansmusiek op die agtergrond het gevra dat daar gedans moet word, en soos een man het die twee broers opgestaan, hul hande na ons uitgehou, en het ons begin dans. Luigi het aanvanklik met my gedans, maar ons het later maats geruil.

Toe Vincenzo se hand oor my rug streel, het ek ’n anderse tinteling beleef. Terwyl ek dit geniet, het hy sy lyf styf teen myne gedruk, en ek kon sy manlikheid duidelik teen my Venus-heuwel voel. Sy donker kykers het ondeund geglimlag toe ek na hom opkyk. Toe hy knipoog, het ek geweet ek gaan daardie aand nie alleen slaap nie.

Ek was duidelik so besig met my eie gedagtes dat ek nie gesien het Anneke en Luigi het opgehou dans nie. Hulle was trouens nie meer in die woonkamer nie. “Ontspan Lorna, Luigi sal jou vriendin goed behandel. Sal ons by hulle aansluit?”

Toe ons die slaapkamer binnegaan, hoor ek lopende water in die privaatbadkamer se stort. Anneke se klere hang oor ’n stoel. Strelende musiek speel oor die klankstelsel.

Vicenzo trek my nader en soen my in my nek, dan my gesig en my voorkop. Ek soek na sy mond, maar hy speel wegkruipertjie terwyl hy weer op maat van die musiek met my begin dans.

Anneke roep uit die badkamer: “Kom, kom ... die stort wag vir julle!”

In die dowwe lig sien ek Anneke en Luigi saam in die buitengewoon ruim stort. Luigi is besig om haar lyf met ’n spons te was. Vincenzo kyk my vraend aan – asof hy onseker is of ek gemaklik is met wat voor ons afspeel. Miskien lees hy my reg, want my kop wil nie saamspeel nie, terwyl my lyf smag om deel te wees van die ervaring.

Ek beantwoord Vincenzo se onsekerheid deur sy hemp los te knoop en sy lyfband los te maak. Hy rits my rok oop en tel ons klere op wat op die badkamervloer val.

’n Minuut later is ons al vier in die storthokkie. Luigi praat eerste: “Kom my broer, ek het Anneke vir jou voorberei. Lorna, dit is nou jou beurt. Vincenzo begin Anneke se bene was terwyl Luigi my lyf in-seep. Hy beduie ek moet wydsbeen staan en werk sy pad oor my binnebene tot by my klossie. Hy laat die spons val en vra of ek dit asseblief kan optel. Ek besef wat sy plan is, en sak voor hom neer. Sy manlikheid staan reeds penorent toe ek met my tong oor die skag begin lek. Toe ek die blou kop in my mond neem, tik Anneke my op my skouer. “Dit raak nou te beknop hier. Kom ons beweeg slaapkamer toe.”

As die groot dubbelbed kon praat, sou ’n verhaal van groot genot vertel kon word. Sonder klere was dit feitlik onmoontlik om die identiese tweeling uit te ken. Ek is seker Anneke het net so min as ek geweet wie met wie besig was.

Die buurskap duur na agtien maande steeds voort, en ons vier bure kuier beurtelings by woonstel 7 en 8. Anneke se gunsteling-verdryf is met die een broer in haar, die ander in haar mond, en ek wat elke nou en dan met haar posisie ruil. Aan die ander kant verkies ek ’n 69 met Anneke, en die manne wat my beurtelings van agter binnedring.

Die spa-bad wat komende Maandag op ons balkon aangebring word, hou nuwe avonture in. Die tweeling het ons oortuig dat dit heerlik en spesiaal is om onder die sterre of in die maanlig daarin te baljaar.