Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos

Fotoblad: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans-oggendseminaar


Margarethie Bredenkamp - 2011-11-16

Untitled Document

Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa het Vrydag 11 November 2011 ’n oggendseminaar aangebied oor speurromans: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans.

  • Kerneels Breytenbach het vanuit sy perspektief as uitgewer, leser en skrywer 'n oorsig van die speurverhaal as genre se spel met verwagtinge, plaaslik sowel as internasionaal, gegee.
  • Deon Meyer het oor sy eie werk gepraat.
  • Met woord en tong in die kies het Leon Rousseau vertel watter aanpassings hy alles moes aanbring by die heruitgawe van sy gewilde Fritz Deelman-jeugreeks.
  • Rena van den Bergh (Kas van den Bergh se dogter) het oor haar pa die skrywer gepraat en Das Steÿn het die onbekende Kas van den Bergh aan die seminaargangers voorgestel.

Die skrywer Louise Prinsloo vra Kerneels Breytenbach om sy werk Piekniek by Hangklip te teken.
Leon Rousseau teken van sy boeke oor Eugène Marais vir Heinrich Schulze.
Leon Rousseau en sy vrou saam met Heinrich Schulze
Rena van den Bergh en haar suster
Helena Goosen en die uitgewer Daleen Malan
Kerneels Breytenbach, Magda de Vries, die nuwe bestuurder van Protea Boekhuis in Bloemfontein, en Deon Meyer
Kerneels Breytenbach en Thys Human, voorsitter van die Departement Afrikaans aan UJ, in gesprek
Suzette Engelbrecht en Magda de Vries van Protea Boekhuis by die boeketafel
Desiree Homan in gesprek met die skrywer Manie Groenewald en Dineke Volschenk, senior uitgewer by Lapa
Thomas van der Walt en Thys Human geniet ’n koppie koffie saam.
Henning Pieterse, professor in Kreatiewe Skryfkunde, aan die UP gesels met Piet Swanepoel, Thys Human, Andries Visagie (Departement Afrikaans, UP) en Elvis Saal.
Thys Human, Andries Visagie en Elvis Saal 
Elvis Saal en Henning Pieterse
Dirk Oegema, hoofkurator van die Pretoriase Kunsmuseum, was een van die seminaargangers.
Das Steÿn en Rena van den Bergh in gesprek
Die skryfster Helene de Kock luister met ’n glinster in die oog.
Deon Meyer en Kerneels Breytenbach speel ’n bietjie met die leidrade. 
Dineke Volschenk, Kerneels Breytenbach en die skrywer Marius Ackerman
Connie Luyt, Monica Hammes, Helene de Kock en Reneé Conradie ruil ’n paar leidrade oor tee uit.
Neil Cochrane
Dit is nie aldag dat kollegas van Unisa mekaar op ’n misdaadtoneel ontmoet nie. Hier is Lida Kruger, Neil Cochrane, Mia Stander en Karin McGuirk besig om die raaisel te probeer oplos.
Piet Swanepoel, Marisa Keuris, hoof van die Departement en Leon Rousseau
Erika Lemmer, Johan Coetzer, Rena van den Bergh, Das Steÿn, Piet Swanepoel, Marisa Keuris en Leon Rousseau. Rena hou Deon Meyer se jongste boek Sewe dae, vas.
Erika Lemmer, Rena van den Bergh, Das Steÿn en Leon Rousseau gesels ’n bietjie buite nadat die moord opgelos is.


Foto's: Margarethie Bredenkamp