Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Flenterkies, dankie vir ware bieg op BiegNet


easyrider - 2011-11-16

Aan Flenterkies

Ai, baie dankie vir 'n brief wat werklik 'n "bieg" is, waar mens in jou hart kan sien en saamvoel met die seer, sonder om te oordeel oor die "buite-egtelike " verhouding. Ek was vir 'n paar jaar nie op die web page nie en was verbaas om te sien hoe dit eintlik in 'n erotiese/seksbehepte skryfplek ontaard het. Glad nie preuts nie, maar voorheen was daar dalk twee tot drie erotiese biegbriewe, maar die res regtig sake wat mense diep geraak het.

Volgens my is dit nou verwater tot iets goedkoop en net weer 'n weerspieëling van die morele verval rondom ons.

Bieg gerus voort ...

easyrider