Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Kennisgewings | Notices

Verkenning: ’n Uitstalling van skilderye deur Willem Truter


Ina van Rooyen - 2011-11-15

Untitled Document

 


Verkenning
deur Willem Truter
11–30 November
Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria

Willem Truter is ’n kunstenaar wat met sy vorige uiters suksesvolle uitstallings sy besondere vaardighede as illustreerder en meester van kleurgebruik bewys het.  Met sy komende uitstalling, Verkenning, belig hy ’n wesenlike kenmerk van die visuele kunste, naamlik dat die kunstenaar ’n  verkenner is van ’n groot aantal beelde, formasies, materiale, figure en vele ander voorwerpe wat die skeppingspotensiaal stimuleer en in beroering bring. 

Uit hierdie inspirasie groei ’n skeppingsproses waardeur die verskillende waargenome voorwerpe, figure en gesigte tot ’n eenheid binne die skildery volgens die vereistes van kleur, komposisie en ontwerp georden word.  In sy werke nooi Willem die kyker om deel te neem aan hierdie  intieme maar terselfdertyd opwindende ordeningsproses en sodoende self ’n verkenner en  kunstenaar te word.

Die uitstalling word deur Pieter van Heerden op Vrydag 11 November 2011 om 18:30 vir 19:00 geopen. Die uitstalling duur tot Woensdag 30 November 2011.  Die kunstenaar bied op Saterdag 19 November 2011 om 11:00 ’n rondleiding in die galery aan aan.

Galery ure
Dinsdag tot Vrydag:  09:00 tot 18:00 ; Saterdag:  09:00 tot 14:00
Tel:  012 346 3100
artspta@mweb.co.za
www.artsassociationpta.co.za