Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Ondersteuningsgroepe | Support Groups

Die Psige: Vir Karen oor BGV


Lyndie - 2011-11-10

Untitled Document

Karin

Ek het jou nota op LitNet gesien, en dat mense met jou kan kontak maak oor BGV.

Ek het gaan oplees oor die toestand en tot die slotsom gekom dat die meeste van ons wel daaraan ly, en nie net 1% nie ... veral in vandag se lewe van gejaagdheid en stres wat saam met ons ontbyt eet en saam met ons bed toe gaan in die aand.

Die rede vir my belangstelling in BGV is die feit dat my stiefdogter ’n paar jaar gelede daarmee gediagnoseer is. My persoonlike opinie en ondervinding is dat sy absoluut niks makeer nie, en dat haar ma (’n gekwalifiseerde verpleegsuster met kennis oor dié sake) dit net gebruik het as ’n verskoning om die kind vol pille te jaag, wat sal maak dat sy haar kan beheer en manipuleer aangesien sy soos ’n zombie is wanneer sy die medikasie gebruik. Haar ma het dit aan haar gegee veral as sy 'onmoontlik' begin raak het.

Mens moet in ag neem dat haar jonger suster ’n jaar gelede op die ouderdom van 20 oorlede is in ’n motorongeluk, en dat haar stiefpa ook aan BGV ly en haar geen tyd of aandag van haar ma se kant gun nie.

Die rede hoekom ek dink sy makeer niks, is dat sy al vir die afgelope ses maande sonder enige medikasie is omdat sy werkloos was en dit nie kon bekostig nie. Sy funksioneer 100% normal – die buie wat sy wel het, herinner my net aan ’n verwende kind wat partymaal speelgoed probeer rondgooi as sy nie haar sin kry of die middelpunt van aandag is nie. Verder gebruik sy self die toestand om mense te manipuleer om haar jammer te kry, en om daaragter weg te kruip vir haar sogenaamde depressive ... wat nie ’n gram meer is as dié van enige normale werkende mens met verantwoordelikhede nie.

Is daar enigiemand wat ek kan kontak oor meer inligting rakende dié toestand?

Baie dankie.

Lyndie



Reageer | Respond:
ondersteuning@litnet.co.za